Kompetisie: Beurse vir 4 Afrikaanse studente

Argieffoto.

Argieffoto.

AfriForum Jeug het Donderdag, as deel van die nasionale veldtog om Afrikaans as onderrigtaal by universiteite te behou, ʼn kompetisie van stapel gestuur waar vier studente studiebeurse ter waarde van R20 000 kan wen.

Dié beurse sal onderskeidelik aan Afrikaanse studente van die Universiteit van Pretoria, Noordwes-Universiteit in Potchefstroom, die Universiteit van die Vrystaat en die Universiteit Stellenbosch toegeken word.

Morné Mostert, AfriForum Jeug se nasionale projekkoördineerder, sê dié organisasie wil studente beloon wat in Afrikaans wil studeer en studente aanmoedig om hul studie in die taal voort te sit. “AfriForum Jeug het sy veldtog vir die behoud van Afrikaans op kampusse begin deur studente daarvan bewus te maak dat dit hul grondwetlike reg is om onderrig in hul moedertaal te ontvang,” het hy gesê. “Studente moet die waarde daarvan besef en die vryheid hê om in Afrikaans te kan studeer.”

AfriForum Jeug het gesê studente is nie voldoende oor hul grondwetlike regte ingelig nie en dat universiteitsbesture studente se regte skend deur eentaligheid in ’n diverse samelewing te probeer afdwing en toepas.

Dié jeugorganisasie het weekliks inligtingsbrokkies op sy webwerf en op kampusse om studente oor hul grondwetlike regte in te lig.

Inskrywings vir die kompetisie is eenvoudig: Studente kan bloot hul naam en die kampus waar hulle studeer na 32687 SMS (R1 per SMS). Die wenners sal na willekeur gekies word en op 16 Mei 2016 op die onderskeie kampusse aangekondig word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.