Kontant te wen: Ons is op soek na Maroela se supervroue!

Het jou ma supersoniese gehoor om te weet wanneer die kinders met kattekwaad besig is? Het sy oë agter haar kop wat kan sien wat op die agtersitplek van die motor gebeur? Is sy so besig om altyd haar gesin en ander mense te help dat jy soms wonder of sy dalk meer as twee arms het?

Is jou vrou, dogter, buurvrou of vriendin die steunpilaar by haar werk, of staan sy dalk aan die hoof van ʼn onderneming? Is sy ʼn tuisteskepper of tuisbly-mamma?

Is haar liefde só onvoorwaardelik dat jy soms wonder of haar hart so groot soos ʼn passasierskip is? Dan moet jy haar vir dié spesiale Vrouedag-kompetisie inskryf!

Wat kan die supervrou wen?

Twee Maroela-supervroue staan die kans om elkeen R4 000 kontant te wen sodat hulle self hul eie bederf kan kies – iets wat presies by haar sal pas!

Wat kan jy wen?

Een gelukkige Maroela-leser, wat ʼn supervrou nomineer, staan die kans om R2 000 kontant te wen! Jy hoef nie noodwendig die wen-supervrou te nomineer om vir dié prys in aanmerking te kom nie.

Wat moet jy doen?

Vertel vir ons wat maak van jóú ma/vrou/dogter/vriendin (of jouself!) ʼn supervrou – en stuur gerus sommer ook ʼn foto sodat ons kan sien hoe lyk al hierdie supervroue!

Skryf nou in

Die kompetisie het gesluit.

Bepalings en voorwaardes

  • Jy kan jouself as supervrou nomineer.
  • ʼn Supervrou kan deur meer as een persoon genomineer word.
  • Jy kan soveel verskillende supervroue nomineer as wat jy wil.
  • Enigiemand kan aan die kompetisie deelneem, maar as jy inskryf, gee jy toestemming dat ons jou inskrywing en die opsionele foto op Maroela Media se webwerf en sosialemediakanale mag deel.
  • Jy is ouer as 18 jaar.
  • Genomineerde supervroue moet in Suid-Afrika bly.
  • Maroela Media sal nie jou of die wenner se persoonlike kontakbesonderhede met enige derde party deel nie, dit is slegs vir Maroela Media se gebruik.
  • Inskrywings sluit op Sondag, 31 Julie 2022 om 23:45.
  • Wenners sal deur die loop van die week van 1 – 5 Augustus 2022 op Maroela Media aangekondig word en persoonlik gekontak word. As jy nie iets van ons hoor nie, kan jy aanvaar dat jy nie een van die wenners was nie.
  • Twee supervroue sal uit al die inskrywings aangewys word en elkeen sal R4 000 kontant ontvang. Maroela Media sal met persone, wat die twee wenner-supervroue genomineer het, kontak maak om die korrekte kontakbesonderhede van die supervroue te kry. Die kontant sal dan in die twee supervroue se bankrekening gedeponeer word.
  • Enigiemand wat aan die kompetisie deelneem, staan die kans om R2 000 kontant te wen.
  • Maroela Media se besluit oor die wenners is finaal en geen verdere korrespondensie sal daaroor gevoer word nie.
  • Maroela Media kan nie aanspreeklikheid aanvaar indien jou inskrywing ons weens enige tegniese probleme nie betyds bereik nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.