Koop of skenk en maak ’n verskil met Ons Winkel

Sorina (die Flooze) by Ons Winkels (Foto verskaf deur Helpende Hand)

Die Afrikaanse sanger Sorina, ook bekend as die Flooze, het by die Helpende Hand-familie aangesluit as ’n ambassadeur van dié liefdadigheidsorganisasie se welsynswinkels – Ons Winkels. Daar is tans byna 80 Ons Winkels landswyd met ’n hele paar wat binnekort hul deure gaan oop maak.

“Ek is opgewonde en trots om ’n ambassadeur te wees vir ’n organisasie wat soveel mense help,” sê Sorina. “Die winkels oorweldig ’n mens as jy daar in stap, dit is net WOW. Daar is soveel interessante en bekostigbare tweedehandse goedjies, speelgoed, skatte en oudhede. ’n Mens kan weet – alles wat jy hier aankoop, word weer vir ’n goeie doel aangewend om ’n verskil in die gemeenskap te maak. Tog sou daar nie iets gewees het om te koop, as iemand soos jy dit nie geskenk het nie. Kom ons help mekaar deur Helpende Hand te ondersteun en toe te laat om ander te help.”

Helpende Hand is trots om nagenoeg 80 winkels onder die Ons Winkel-vaandel te hê wat die voetspoor van die organisasie se hartsaak na buite dra en dit soveel beter maak. “Elke winkel is vir ons soos ’n hawe in elke dorp,” sê Hannes Noëth, uitvoerende direkteur van Helpende Hand. “Ons vra inwoners om betrokke te raak in die gemeenskap, soos wat ons is, deur iets te skenk of te koop. Dit is die ideale manier om van oorbodige goedere ontslae te raak en te weet dit gaan deur Helpende Hand se gevestigde strukture reg aangewend word om ’n verskil in die gemeenskap te maak.”

Enigiets kan by die Ons Winkels afgegee word – van meubels, oudhede, kombuisware, beddegoed, gordyne, speelgoed, klere, skoene en sporttoerusting tot tegnologiese ware of enigiets anders wat in die pad staan.

Ons Winkels neem hierdie goedere en omskep dit in geld wat, onder meer, vir Helpende Hand se Studiefonds benut word. Die Studiefonds bied rentevrye studielenings aan studente wat kwalifiseer om verder te gaan studeer, maar nie die nodige fondse het om dit te doen nie.

Die opbrengste word ook aangewend vir verskeie ander projekte van Helpende Hand wat poog om Afrikaner-armoede te verlig, te verbreek en te voorkom. Ons Winkels dien ook as werkskepping vir die persone wat die winkel bestuur en vir personeel wat in die winkels werk.

Met jou skenkings help ons waar die ander nie sien nie. Wees gerus en vertrou ons met jou skenking dat dit wel die regte saak ondersteun.

Besoek www.onswinkel.co.za om die winkel naaste aan jou op te spoor.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.