Koue voete, vuurwarm styl

Maroela-vellies in Die Koöperasie

Moenie laat koue voete jou onderkry nie! Kies vuurwarm styl met ʼn paar Maroela-vellies!

Ons velskoene word gemaak van die mooiste, sagste leer wat sal verseker dat jy nie eers agterkom jy dra skoene nie, en met die winter om die draai het jy geen verskoning nodig nie.

Boonop is die Maroela-vellies ideaal vir meer as net die plaas, dit is mooi genoeg vir die kerk en lekker snoesig vir elke dag se werk.

In samewerking met Beatus Leerprodukte en Bata, een van Suid-Afrika se mees gesogte skoenvervaardigers, verkoop Die Koöperasie nou ʼn regte egte leervellie van die beste gehalte. Elke skoen word subtiel gebrandmerk met Maroela se boom-embleem sodat jy diep Afrikaanse spore kan trap oral waar jy gaan.

Maroela-vellies: gemaklik en sommer baie stylvol.

Koop jou paar in Maroela se aanlyn winkel, Die Koöperasie vir slegs R699-00. Klik hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.