Kry afslag by H&M vir ou klere en linne

H&M. Foto: Facebook via H&M

H&M. Foto: Facebook via H&M

Pluk onmiddellik daardie ou klere, handdoeke en linne uit jou kas! H&M se jongste veldtog bied jou nou die geleentheid om twee 15%-afslagkoopbewyse te kry vir dié ou materiaal.

Die handelsmerk het vir dié veldtog, World Recycle Week, kragte saamgesnoer met die kletsrymer M.I.A om geld in te vorder vir die Charity Star-onderneming.

Charity Star is ’n inisiatief van I:Collect, een van die grootste, mees ervare en innoverendste klere-invorderingsmaatskappye ter wêreld.

H&M wil deur dié veldtog, wat van 18 tot 24 April duur, 1 000 ton ongewenste of verslete kledingstukke van klante wêreldwyd in hul meer as 3 600 winkels bymekaar probeer maak. H&M het vier takke in Gauteng en een in die Wes-Kaap. Klik hier om jou naaste winkel te soek.

Die handelsmerk gaan ook 2 euro-sent aan ’n Charity Star-organisasie skenk vir elke kilogram klere wat bymekaar gemaak word. Die Charity Star-onderneming word deur die plaaslike verkoopsmarkte gekies.

Unicef Suid-Afrika se program vir vroeë kinderontwikkeling gaan die Suid-Afrikaanse ontvanger van die klere wees. Die onderneming sal verantwoordelik wees om die klere te versprei.

Die handelsmerk se Close the Loop-veldtog is ook ʼn sentrale verbintenis van H&M se Conscious Actions-program met die oogmerk om die maatskappy te bestuur op ʼn manier wat positief is vir die omgewing, die sakewêreld en mense. Die doelwit hiervan is om ongewenste en ou klere te benut om nuwe tekstiele te skep. Die herwinning van een T-hemp spaar minstens 2 100 liter water.

Kyk die musiekvideo vir M.I.A se liedjie “Rewear It”.

Lees meer: H&M Recycle Week

Besoek H&M se webwerf

https://youtu.be/2nkCU_AGbfA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.