Kunsveiling steun skool, kunstebedryf

“Faith Mask” deur Anton Smit. Dit is ‘n donasie aan die Trust. (Foto: Verskaf)

Die Affie 100 Fonds Trust bied tans ʼn aanlyn kunsveiling aan wat kunsliefhebbers en -versamelaars die geleentheid bied om uitstekende werke van Suid-Afrika se bekendste kunstenaars te kry.

Wat hierdie kunsveiling anders maak as ander, volgens Annatjie Ferreira, skakelbeampte van die Afrikaanse Hoër Seunskool, is dat dit nie ʼn suiwer kommersiële inisiatief is nie.

“Die veiling se hoofdoel is om by te dra tot hierdie trustfonds wat voedingskemas en opheffingsprogramme in minderbevoorregte gemeenskappe ondersteun.

“Ons fonds dra ook by tot die instandhouding en ontwikkeling van die Affie-geriewe. Voorts wil die Affie 100 Fonds Trust ook deur die aanbied van die veiling die kunstebedryf ondersteun wat swaar deur Covid-19 getref is.”

Besigtig gerus die katalogus by www.affie100.co.za waarin daar meer besonderhede oor die kunswerke en kunstenaars gegee word.

Kunswerke wat op die veiling aangebied word, sluit in die werk van gerekende kunstenaars soos die beeldhouer Anton Smit asook dié van Diane Victor, Jan van der Merwe, Tracy Payne, Collen Maswanganyi, Ruhan Janse van Vuuren, Anton Karstel, Jaco Benade, Helena Hugo, Gwen Miller, Gordon Froud en Carl Jeppe.

Verder is daar werk van die Pretoriase glaskunstenaar Lothar Böttcher, die Spaans-Suid-Afrikaanse kunstenaar Pascual Tarazona en kunstenaars soos Eric Duplan, Michele Nigrini, Lynette ten Krooden, Wayne Vivier, Anna Liebenberg, Thabo Pitso, Tracy Algar, Philip Badenhorst, Natasja de Wet, Rosa Snyman-Wessels, Jan Tshikhuthula, Tanisha Bhana, Cobus Haupt, Nina Torr, Hougaard Winterbach, Mary-Jane Morris, Susan Grundlingh, Peter Mammes, Lucas Bambo en Debbie Cloete.

Op die veiling is ook ʼn stel sketse van die Affie-geboue deur Marius Badenhorst en enkele werke van studente van Afrikaanse Hoër Seunskool, Afrikaanse Hoër Meisieskool en Pretoria Boys High School.

Die kunsveiling sluit op Vrydag 30 Julie om 20:00.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.