Kyk een van dié flieks vir Valentynsdag

Bridget Jones’s Diary

Tensy jy hiper-georganiseerd is, is daar ʼn goeie kans dat Valentynsdag jou onkant gevang het, en nou het jy stééds nie ʼn plan gemaak vir iets waarmee jy jou Valentyn kan verras nie.

Miskien dink jy daaraan om te gaan fliek? Maar eintlik is flieks nie so romanties soos hulle voorgestel word om te wees nie; hulle is gewoonlik in ʼn winkelsentrum geleë, jy moet rondstaan in rye en die eetgoed is peperduur – en dit sonder om eens van die kaartjie self te praat!

Daar is egter ʼn baie beter idee om dié Valentynsdag ekstra spesiaal te maak! Skuif jou televisiekamer so ʼn bietjie, en voeg ʼn paar romantiese elemente by. Maak jou eie springmielies en geniet ʼn romantiese fliek-marathon saam met die spesiale mens in jou lewe!

Op Google Play Movies kan jy twéé van die volgende Valentynsdag-treffers kyk en dit sal jou boonop minder kos as fliekkaartjies.

  • Bridget Jones’ Diary

Dié reeks flieks is al ʼn bekende as dit kom by romantiese komedies. Die fliek sien ʼn 32-jarige Bridget Jones wat probeer beheer neem oor haar lewe, maar dit word belemmer omdat sy moet kies tussen die twee mans in wie sy belangstel.

10 Things I hate about you

  • 10 Things I Hate About you

Heath Ledger en Julia Stiles stel nie teleur in dié tiener-romanse nie. Dit is een van daardie flieks wat jy oor en oor kan kyk.

  • The Fault in Our stars

As jy nog nie die fliek gekyk het nie, maak jouself gereed om die sneesdoekies nader te trek. Dié fliek gaan oor ʼn 16-jarige kankerpasiënt wat verlief raak op ʼn ander kankerpasiënt in dieselfde ondersteuningsgroep.

  • Ghost

Die fliek is ʼn kombinasie van romanse, spanning en komedie, en met akteurs soos Patrick Swayze, Demi Moore en Whoopi Goldberg, sal jy definitief nie teleurgesteld wees nie.

  • Sleepless in Seattle

Meg Ryan speel die perfekte karakter in dié maklik-om-te-kyk fliek. Dié romantiese komedie is perfek vir Valentynsdag, want dis lekker lig, romanties en snaaks.

  • Romeo + Juliet

Dié fliek bevat baie van die oorspronklike dialoog van Shakespeare se boek, maar Leonardo DiCaprio en Claire Danes neem Shakespeare se klassieke verhaal en omskep dit in ʼn 1990’s-liefdesverhaal wat in Los Angeles afspeel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.