Kyk: Kersvader lewer lekkergoed in Moot af

Kersvader is oppad. (Foto: Verskaf)

Kersvader het vandeesweek die harte van menige kind in Mayville, Parktown, Eloffsdal en Gezina, buurte in die Moot-omgewing in Pretoria, verbly toe hy persoonlik vir dié kinders lekkergoed kom aflewer het.

Dié strate in die Moot was vol lewe en klanke toe die Wonderboompoort-gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) sy jaarlikse inisiatief afgeskop het. “Dit is wonderlik om daardie kindergesiggies so gelukkig te sien,” vertel Tania Ludick, ʼn inwoner en bestuurder van die Moot Gatskop Spens vir Behoeftige Mense.

Sy sê dat kinders elke jaar die sypaadjies volstaan in afwagting op Kersvader en sy slee. Die lang, raserige konvooi is deur talle karre bygstaan, insluitend ‘n ou brandweertrok wat deur Pat Smit, die eienaar van Maders Slaghuis, besit word.

Ludick sê lede van die gemeenskap en sakeondernemings het sowat R45 000 binne vyf dae geskenk om dié dag en geskenkpakkies ʼn werklikheid te maak. “Ons trek die gemeenskap saam om die liefde van Jesus te versprei,” sê sy.

Die Wonderboomport GPF gaan Dinsdag Capital Park se strate ophelder met die konvooi, wanneer hulle daar ook pakkies gaan uitdeel.

“Ons het so 7 000 lekkergoedpakkies gemaak, wat onder leiding van Lee-Anne Stols, wat op die bestuur van Wonderboompoort Sektor 2 dien en die raakvatter is wat als gereël het, gepak is. Dit wat oorbly gaan ons aan organisasies vir behoeftiges in die gebied skenk.”

Baie dankie Oom Pat en almal wat betrokke was hiermee vanaand. Julle is supersterre

Posted by Karin Nel on Monday, 2 December 2019

Posted by Jaco de Beer on Monday, 2 December 2019

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie word ongelukkig tydelik gesluit tussen 19:30 en 06:00.

Jy kan steeds op Maroela Media se Facebook-blad en ander sosiale media saamgesels. Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.

5 Kommentare

Bess ·

Totaal verkeerd om mense aan te moedig om meer kinders te kry as waarvoorhulle kan sorg.en die plastiek is dodelik vir die natuur waarom gebruik hulle nie omgewingsvriendelike materiale nie.lyk my hierdie mense kan nie mooi dink nie…

Kom ons dink ·

Met geskenke en lekkergoed pakkies moedig jy nie mense aan om meer kinders te kry nie – hierdie is ‘n gawe uit goeie mense se harte uit. Hierdie mense gee die kerspakkies en lekkergoed uit aan mense wat dalk nie ‘n geskenk gaan kry nie. God seen die mense wat dit doen want dit kom uit die hart uit, hulle wil ook net die blydskap op kinders se gesigte sien, die opwinding van wag. Dit gee ander wat nie daar was nie hoop om volgende jaar daar te wees.

Annakapat ·

Bess, sjoe! Waar’s die plastiek?
Als gaan oor die kinders – gun hulle bietjie plesier

Stefan ·

Ai nee Bess, dit was als in bruin papier sakkies verpak, en die lekker goedjies binne was in standaard verpakking so oor daardie pastiek moet jy met die vervaardigers praat. En dit gaan beslis nie daaroor om mense aan te moedig om meer kinders te he nie, maar wel daaroor om die kinders se kers seisoen spesiaal en hulle hartjies vrolik te maak.

Miggie Pelser ·

Ons sê baie dankie aan almal wat gehelp het om dit vrywilliglik te doen, dit is ‘n mooi daad wat julle gedoen het om ‘n paar kinderhartjies bly te maak, ons was almal kinders eens op ‘n tyd, en kersfees was altyd spesiaal vir ons, julle sal geseën word vir jul goeie dade.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie word ongelukkig tydelik gesluit tussen 19:30 en 06:00.

Jy kan steeds op Maroela Media se Facebook-blad en ander sosiale media saamgesels. Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.