Kyk: ʼn Loerbroer-ervaring van anderste vere

‘n Pikkewyn by die Twee Oseane-akwarium. (Foto: Facebook)

ʼn Tydelike webkamera is as deel van die March of the penguin-veldtog in die pikkewynkamp, bekend as die pikkewynstrand van die Twee Oseane-akwarium by die V&A Waterfront in Kaapstad, opgestel.

Seevoëlliefhebbers kan dié koddige spesie nou heeldag via die internet dophou tot die einde van die maand.

Die kollig by die akwarium val vandeesmaand op die lewensbelangrike rol wat pikkewyne in die mariene-ekostelsel speel. Pikkewyne is charismatiese voëls en hul algehele gesondheid is ʼn aanduiding van die algehele gesondheid van die ekostelsel.

Klimaatsverandering, oorvissery, besoedeling en ander menslike aktiwiteite stoot tans dié seevoëls op die randjie van uitwissing.

Die akwarium bied ook as deel van die veldtog opwindende aktiwiteite in die vorm van begeleide toere en kompetisies aan. Interessante feite en inligting oor pikkewyne, soos wat hulle eet, hoe lank hulle leef en selfs hoe om soos hulle te praat, word telkens gedeel.

‘n Skermgreep uit die regstreekse uitsending vanuit die pikkewynkamp.

Dié gewilde voëls verveer tans en is dus nie beskikbaar om besoekers te ontmoet nie, maar diegene wat met klipspringerpikkewyne met name soos Hopper en Bubbles wil kennis maak, kan met die akwarium in verbinding tree om op ʼn waglys geplaas te word.

Die akwarium se Facebook-blad gons met pikkewynliefhebbers wat koer oor dié skattige seevoëls.  “Kan hulle enigsins ouliker wees? Ek mis hulle, veral Hopper, wat my beste vriend geraak het tydens ons private toer,” skryf Cheryl Salter Nicholas by ʼn video van ʼn pikkewyn wat in ʼn lang gang af hop.

“Dit lyk asof hy die Paashaas naboots,” skerts Tom Salter.

Kyk hier na die regstreekse uitsending uit die pikkewynkamp by die akwarium.

Hop on over!

????March. Of. The. Penguin!????That's right, it's a month of penguin love and appreciation at the Two Oceans Aquarium with family fun, competition and (most importantly) penguins!Join the #MarchOfThePenguin fun this weekend: https://www.aquarium.co.za/blog/entry/march-of-the-penguin????: Ayrton King (thank you!)

Posted by Two Oceans Aquarium on Friday, March 12, 2021

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.