Herleef die geskiedenis van die Groot Trek deur daagliks feitelik korrekte dagboekinskrywings te lees!
Vanjaar is die 175e herdenking van die Groot Trek en om seker te maak dat ons op hoogte bly met die doen en late van die onderskeie Trekkers en laers, het Maroela Media verskeie Facebook-profiele vir dié doel geskep.
Die inligting word deur prof. Jackie Grobler, van die departement geskiedenis en erfenisstudies by die Universiteit van Pretoria, uit die beskikbare dagboeke saamgestel en is feitelik korrek.
“Vanmôre douvoordag het die verpletterende nuus wat nie een van ons wou hoor nie, ons bereik, naamlik dat ons Goewerneur, die heer Piet Retief, sy seuntjie Pieter en al die manne wat saam met hom na die Zoeloekoning toe was, asook al hulle bediendes en die Engelse tolk deur wie hulle met die Zoeloekoning gepraat het, ongetwyfeld wreedaardig vermoor is…” skryf Anna Steenkamp, Piet Retief se niggie.
Die 16-jarige Ferdinand van Gass vertel byvoorbeeld van ‘n dappere heldedaad van Marthinus Oosthuizen wat, te midde van ‘n Zoeloe-aanval, met sy perd gejaag het om nog ammunisie te gaan haal.
Maak seker dat jy op hoogte bly, die geskiedenis vir jou lewend word en jy dag vir dag saamtrek!
Volg die onderskeie karakters hier:
Anna Steenkamp
Louis Tregardt
Ferdinand van Gass
Hanna Scheepers
Hendrik Potgieter
Piet Retief
Dingane
dankie vir die goeie werk wat julle doen vir ons volk!
Ek wens ek kan meer van die sien……ons skool geskiedenis word nou her oorskryf deur ………
Verkeerd naam gespel……marr hou aan met die goeie werk en miskien sal ons
dapper helde wakker word…..met julle
baie dankie vir julle harde werk en is trots om julle te ondersteun
HOU SO AAN MET DIE GOEIE WERK.
Baie insiggewend, en moeite werd om op te volg.
Doen zo voort!!!
Ek is in die besit van ‘n Zuid-Afrikaanse Verjaardagboek van die Zuid-Afrikaanse Frouwen-Federatie wat op 24 Desember 1913 deur ene L.B. Odendaal aan my oupa geskenk was met vele geskiedkundige inskrywings, meesal gebeure en datums uit die geskiedenis asook name en datums van verjaarsdae. Ek is besig om ‘n opsomming van die boekie in datum-volgorde te maak indien iemand belangstel. Die inligting wat julle hier publiseer gaan ‘n baie goeie toevoeging tot my eie ‘datum-lys’ wees! Baie dankie vir jul navorsing en doelgerigtheid!
Ek stel belang in die opsomming.Hoe kan ek dit kry?
Groete
Hannes
Baie dankie vir jul briljante idee. Ek volg al die afgelope 5 maande die dagboeke en “geniet” my gate uit met kommentaar oor die trekkers se wel en weë.
Dit is so insegewend om instaat te kan wees om met die ou Voortrekker geskiedenis op hoogte te bly. Baie dankie vir dit wat u na diegene bring wat steeds op hoogte wil bly met die lief en leed van ons voorsate.