Laurika Rauch vs. Steve Hofmeyr

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

55 Kommentare

Carina ·

Ek wil so graag he Laurika moet Steve uit die kompetisie klop!
Dit maak my so onsteld om Laurika met ‘n geswelde lip te sien!

Steve is die naarste voorbeeld van ‘n afrikaner ooit!

Kitty Venter ·

Carina, watter ander Afrikaanse persoon wat jy ken doen soveel vir Afrikaans en Afrikaanses soos Steve.?
Hy staan ten minste op en maak sy stem dik wanneer nodig…
As ek ‘n duisend keer vir hom kon stem sou ek!!
Ek hou ook baie van Laurika maar ons stem vir die GROOTSTE Afrikaner.

nellie ·

Agge toggie, maak nie saak wat ander dink nie, my opinie is vir my die belangrikste en hier is dit: Steve is en bly wie en wat hy is. Hy het en sal ook nooit verander nie. Hy is ‘n Kampvegter vir die dinge waarin HY glo. Hy sing liedjies wat keer op keer op keer TREFFERS word, want ‘n groot gedeelte van die Volk hou daarvan. En ja, hy is MY HERO SANGER en TONEELSPELER.

Antionette Wiese ·

Ag ons weet almal Steve is SA se stout seun,maar hy verdien om te wen,omdat hy bereid is om vir die Afrikaner volk op te staan en van hom te laat hoor. Ek stem sommer nou al vir Steve as President,wel hy sal dalk ook n paar vrouens he soos Malema,maar ons sal hom dit vergewe……..LOL

Delene Pienaar ·

Die wat dink Steve is maar net ‘n sanger, akteur en “loverboy” maak een MOERSE groot fout!! Steve Hofmeyr is baie meer as NET dit!! Steve is OOK ‘n besondere diep denker/filosoof, skrywer, digter, vurige aktivis, en besondere TROTSE Afrikaner wat al vir verskeie toekennings benoem en VEREER is!! Hy is ‘n vurige kampvegter vir Afrikanerregte en hy skroom of huiwer NIE om
sy stem te VERHEF vir kwessies wat sy TAAL, KULTUUR , VOLK en ERFENIS raak nie!! Hy is 100% in voeling met sy Volk se ontnugtering en vrese!! Hy dra sy volk se belange op die hart en handel deurgaans en doelgerig daarvolgens!!! Hy is moderne en trotse pa wat ‘n spesiale vehouding met elkeen van sy kinders het! Steve is TROTS Afrikaans en verdien om met die titel Grootste Afrikaner van alle tye vereer te word!!!

Kobus Strydom ·

Steve Hofmeyr is g’n groot Afrikaner nie.
Opregte Afrikaners sal hul kinders in ‘n Afrikaanse skool sit!

susan ·

Ek hoop Laurika wen. dit is tyd om ‘n bietjie “klas” te sien. Steve bly maar ‘n rowe ou

WILNA ·

Wees eerlik watter afrikaner weet nie van steve nie.
Almal ken sy eskapades en hy erken dit ook.
Baie groot name het gekom en gegaan sodra die huisgenoot of rapport hulle pond probeer maak het.

DIE WAARHEID IS STEVE WIE HY IS EN SO DIE PUBLIEK(MEDIA SORG DAARVOOR)
HY IS MAL OOR VROUENS(WHO CAN BLAME HIM OR THE WOMEN)
HY IS MAL OOR DIE BLOUBULLE(LEKKER BOKSBURG)
HY KAN SING, SKRYF, BAKLEI, N, EN IS NIE SKAAM OM DIT TE WYS NIE

SO WHAT
EK LAAIK STEVE : EN STEVE LAAIK N IEMAND ANDERS, WEET WAT SUID AFRIKA NODIG HET!

STEM VIR STEVE

Carole ·

Née wat…Steve kan gerus die handdoek ingooi en die uitklop vir Laurika gee want as dit in die eerste plek nie vir Laurika was nie, was die baan nooit oopgeveg vir die wat later naam gemaak het, soos Steve. Hy en AL die ander skuld die baan brekers soos onse Laurika! Ons sal moet wag om te sien of Steve nog op 60-jarige ouderdom nog treffers sing en vol sale trek!, STEM ASSEBLIEF VIR LAURIKA,

Marius Vermaak ·

Met alle respek – Laurika is glad nie verantwoordelik vir Steve se sukses nie. Op geen wyse! Ek wonder hoeveel van Laurika se treffers het sy self geskryf? Nie veel nie. Steve het al sy treffers self geskryf, asook hordes treffers vir ander sangers. Afrikaanse musiek het in elk geval nie ‘n oplewing beleef in Laurika se dae nie, dit het maar eers ‘n paar jaar gelede gebeur. Laurika kan eintlik baie bly wees dat sy in die kompetisie is, want as sy in die vorige rondte teen Steve of selfs Riaan Cruywagen in die bokskryt moet klim dan was sy nie nou hier nie. Selfs Riaan Cruywagen het meer stemme as Laurika gekry, baie meer. Hierdie kompetisie se doel is om die grootste Afrikaner aan te wys. Laurika beteken baie vir Afrikaans en die Afrikaanse kuns en musiek, mar wanneer dit by Afrikaner-kwessies kom staan sy nie ‘n kans teen Steve nie. Steve is sonder twyfel die Afrikaner wat die meeste baklei vir die dinge wat my en jou, ons kinders, familie, vriende, taal, monumente, erfenis ensovoorts betref. Ek moet noem dat ek ‘n groot Laurika aanhanger is, maar die harde realieit is dat Laurika nie met Steve vergelyk kan word wat Afrikanerskap in sy geheel betref nie. Vrede! ;-)

hendrik scheepers ·

Maroela media het Pandora se doos oopgemaak met hierdie kompetisie. Die “verteenwoordigers” van die Afrikanervolk stem vir ‘n vale en Rauch of Hofmeyer kan wen. Ek skaam my dood. Hulle is seker twee doodgoeie mense wat liedjies kan sing ja.

Johan ·

Hi Hendrik
Het jy aan die begin van die veldtog jou nominasies ingestuur? Indien wel, deel dit asb met ons.

Cecile ·

Afhangend van Steve Hofmeyer se ekskepades in die verlede is daar ongelukkig baie mense wat nog mal is oor hom en sy sang!

suzette ·

ag nee mense steve rerig????? daar is tog seker ‘n klassifikasie vir wat GROOT behels
die man is ‘n bol wind en sing soos ‘n tor
laurika skryf goeie AFRIKAANSE liedjies en sing dit ook dan pragtig
so hou sy afrikaans se naam hoog waar steve dit deur die modder sleep
met sy rassistiese uitlatings

Nardus ·

Lekker Steve jou Yster.

n regte Afrikanerin ons eie tyd.

En julle ander klomp suurknolle kan gaan bars.

Tunie ·

Nee regitg, as Steve nou al beskou word as Grootste Afrikaner van alle tye, dan is dit ‘n goeie verduideliking van die penarie waarin ons nou is! Die man het geen maniere nie!

mitz ·

Wat is daar meer om te sê, Steve is en sal altyd die beste wees. GROOT is eintlik net ‘n verkleining vir wat hy eintlik is!

Hester ·

Jammer vir Laurika maar Steve is op alle vlakke ingestel op ons kultuur ons eie regte, regverdigheid ensovoorts. Luister net na sy liedjie ONS SAL DIT OORLEEF, hy staan op vir wat hy in glo maak nie saak hoeveel keer die mense hom platskop nie.

Patriot ·

Gelukkig is hy nie God nie en ook nie Paul Kruger nie. Manne soos Dr Dan Roodt, Dr Mulder, Flip Buys en Willie Spies is die kaliber war ons nodig het, geleerde opgevoede manne nie na-apers van ander se sang en name nie. Moenie vergeet van John Vorster, geiterneerd deur Smuts vir sy volk. Steve is n tipiese SAP nie Nasionalis nie.

Marieta Johnstone ·

Steve bly tops, onthou een ding ons almal bly in huise van glas so moet nie klippe gooi nie, in almal se lewe is daar ook n gerampte wat ons in die kas gebere het maak nie saak hoe klein die gerampte is nie, niemand is volmaak nie. Maar ou Steve word aangevat oor sy geramptes. Langer as 30 jaar wat Elvis oorlede is onthou almal hom nog en luister na sy musiek, (ook nie so onskuldig nie) Want ons ma’s en oumas dra die musiek oor aan ons kinders en kleinkinders. So sal dit ook met Steve wees. Steve jy gaan wen glo my. PS Welkom terug by Huisgenoot het jou gemis nou moet jy net weer op die verhoog kom by skouspel

RONEL TALJAARD ·

Steve is alles wat die gemiddelde Afrikaner man wil wees. Die verskil is net dat hy nie skynheilig is nie.

Ons dames het laas week besluit (drome word nog waar) dat hy homself beskikbaar moet stel vir ‘n aand van “dinner en dine.”

Ons sal op hom bie en die geld skenk om ons oue te huise in Springs op te gradeer.

Klink vir my na ‘n wen-wen plan!

Sanmarie de Jager ·

Dit is skeinheilig om Louis v Wyk te veroordeel terwyl jyself 9 jr lank jou vrou en volk verneuk

toks niemand ·

Dis geen twyfel wie gaan wen nie, net jammer ons moes kies tussen laurika en Steve!!!!

Danie ·

Dit is jammer dat mens moet onderskei tussen Steve en Laurika. Maar ongelukkig kan net een wen.

Daantjie ·

Steve is ongetwyfeld ‘n uitstekende sanger en liedjieskrywer, maar Laurika kry my stem omdat sy een van die kunstenaars is wat Afrikaanse musiek van ‘n gewisse dood gered het. As dit nie vir haar, Anton Goosen en Koos du Plessis was nie, was daar vandag GEEN Afrikaanse kusiek nie. Daarby moet Steve bsluit of hy ‘n sanger of ‘n politieke aktivis wil wees.

Daantjie ·

Steve is ongetwyfeld ‘n uitstekende sanger en liedjieskrywer, maar Laurika kry my stem omdat sy een van die kunstenaars is wat Afrikaanse musiek van ‘n gewisse dood gered het. As dit nie vir haar, Anton Goosen en Koos du Plessis was nie, was daar vandag GEEN Afrikaanse musiek nie. Daarby moet Steve besluit of hy ‘n sanger of ‘n politieke aktivis wil wees.

Delene Pienaar ·

@ Daantjie

Jaloesie……??? Steve se wêreld is baie groter as net ‘n deelname aan Noot vir Noot!! Steve het NIE nodig om keuses te maak nie, hy is so GROOT hy kan ALLES tegelyk wees en dan kan hy nog ALLES met besondere grasie hanteer! Daar is bitter min mans/ mense, wat by Steve kan kers vashou!

Ware man ·

Daar is bitter min mans wat getrou is aan hulle vriendinne/vrouens wat hd voorbeeld wil volg, die afrikanerman verteenwoordig en sommer die volk ook.

Marius Vermaak ·

Mmm….. Laurika was dalk deel van ‘n groep sangers wat Afrikaanse musiek van ‘n “gewisse dood gered het”, maar Laurika lewer geen deelname om die Afrikaner op enige ander gebied te red van ‘n “gewisse dood” nie. Ons soek die grootste eietydse Afrikaner, nie die destydse redder van Afrikaanse musiek nie – dit gaan oor meer as musiek! Musiek alleen gaan nie die Afrikaner-volk red nie. Steve is ons man!

SJG ·

SAAMSTEM MET GEREELDE ABORSIE V BY 2DE VROU SOOS IN MEDIA GERAPPORTEER?

marie ·

Steve was nog altyd daar. Hy het met niks begin en is nog steeds daar. Laurika is pragtig en ek is mal oor haar stem maar Steve is die een wat nie net sy eiemusiek sing nie maar vir Ge Korsten en Master Jack laat lewe. Hy is ‘n mens trots maar tog nederig. Sy foute is nie meer of groter as enige ander mens s’n nie. Sy stem en skryftalent is verbysterend en ek sal vir jare met agter elke man en pamooen kan gaan slaap. Stev is my hero sal dit altyd bly. HY MAG NOOIT OPHOU SING EN SKRYF NIE. TROTS SUID AFRIKAANS.

Nugter ·

Steve GROOT?????? Waarom hom aanbid? Hy sal NOOIT Ge Korsten wees nie, in geen opsig!

Sylvia Siemens ·

Gelukkig nie, niemand het gevra hy moet Gé Korsten wees nie, Steve is absoluut sy eie mens,
en dit is daarom dat mense so krities is teenoor hom, mense hou nie van die waarheid nie, hulle hou nie van reguit antwoorde nie, solank as wat jy saampraat dan is jy in tel, maar passop net as jy dit waag om nie saam te stem nie

Sanmarie de Jager ·

Wel hy ry op Ge Korsten se rug, ook Bobby Angel en Dennis East se name met sy back tracks van hulle. Gelukkig is nie een van hulle so HEES nie en kan ware kwaliteit van nagemaakte klank onderskei word. Nie een van hulle het ook in die openbaar, op ‘n vrou se been op Toeka DVD gespring en haar ‘gery nie’-SIES. Ek sal dit nie in my huwelik duld en ook nie my man nie-die mannetjie kan op hierdie onverteenwoordigende stemmetjies en wulpse vroutjies wen, maar landswyd word hy nie as ‘n groot afrikaner gesien nie-dra die lee plastiek kroon of skenk dit liewer aan Natasha, maar sy sal dit nie wil he nie.

Tinkie ·

Die meeste mense is jaloers op Steve omdat hy so eerlik en ruiguit is sonder om onbeskof te wees. Hy sê ‘n ding soos dit is, geen doekies omdraai nie! Steve sing pragtig, en hy hou ons taal omhoog. Vergeet van sy private lewe, ons almal (en daar is talle) het geraamtes maar dit word net nie openbaar gemaak nie. Maar omdat hy so groot is,word alles uitgelap en nog groter ook gemaak as wat dit is!

Musiekkenner ·

Dit gaan oor Arikaans, ook nie op die rug ry van ander nie!

Antionette Wiese ·

Presies my punt ook,Laurika sing seker mooi vir party mense,maar dis ook al!! Eerste keer dat ek hoor sy het afrikaanse musiek gered van n gewisse dood,iewers het ek seker iets gemis,maar nou ja dis seker terwyl ek by n show van Steve was,sover ek weet het hy baaaie meer aanhangers as Laurika……….. :)

JF ·

Die enigste rede hoekom mense reken Steve is ‘n Afrikaner, is omdat hy self so sê. Hy het al oor en oor bewys dat hy nie vertrou kan word nie. Bid dat hy wil vir eens en altyd ontmasker sal word.

Hendrik ·

Amen, JF! Stem vir Laurika, stel ‘n getroue voorbeeld vir Afrikanervrouens en -meisies.

Antionette Wiese ·

Ha ha lekker lag ek nou JF,as wat moet Steve ontmasker word,ons weet presies wie en wat hy is,hy was nog nooit skaam om dit te erken ni,ek vote nog steeds Steve vir President,dalk word hy ontmasker as vader krismis…….LOOOOL

Carole ·

Wonder ek nou hoeveel van Steve se aanhangers ook die Bloubulle ondersteun…? I rest my case… En net om dat Laurika nie heeldag en aldag verkondig en “brag” soos Steve nie hoef daar geen twyfel te wees dat sy haar nominasie ten volle verdien. Soos hulle in Engels se ’empty barrels make the most noise’ en daarteenoor is ‘n stil bek ‘n heelbek. En as ‘n rolmodel vir ‘Afrikaner-wees’ staan Laurika kop en no Steve uit!

Anneline ·

Mooi so, Carole. So moet n vrou praat-hd Macho nonsens het ons volk groot skade gedoen.

Santie van Deventer ·

Steve is en bly die grootste Afrikaner ooit. Ek ken hom al 25 jaar sedert hy begin het en soos hy die eerste dag teenoor die publiek opgetree het doen hy dit nog steeds, hy het tyd vir elke mens wat met hom wil praat, oud, jonk,mooi, lelik en gekleurde. Hy is geen rassis nie, inteendeel gaan koop sy nuwe dvd HALODA en kyk daarna en sê vir my of hy ‘n rassis is en of hy nie die Grootste Afrikaner van alle tye is nie. Ek het niks teen Laurika nie, maar ek hou net nie van haar musiek nie, elkeen het sy eie musiek smaak. Hy probeer nie Gé Korsten wees nie, maar hy wil net hulde bring aan die man wat hy bewonder het. Sy kinders word voor sy kop gegooi maar waar is die meisies wie die ma van daai kinders is, hulle word verontskuldig, it takes two to tango. STEVE EK ONDERSTEUN JOU 100%, JY BLY MY HERO EN SAL ALTYD WEES EN JY HET ‘N FANTASTIESE STEM EN JY WAS EN IS NOG STEEDS BAIE NEDERIG, MET AL JOU SUKSES EN AL.

Santie ·

Die laaste meisie het hy mee getrou om te keer dat haar boek verskyn, lank na haar aborsie.

Charmain ·

Die saak staan so: Ja, Laurika is ‘n wonderlike mens, sy verdien baie stemme! Gaan sy wen? Nee. Ten spyte van STEVE se foute……sal hy altyd een van die grootstes onder ons wees!! Hy is in ons harte ingekruip, maak nie saak wat nie!! Nie hieroor of daaroor nie, dit is net hoe dit is!!

Denise ·

Ons is beslis nie almal bakvissie-verlief op hom nie, hoe moet Natasha Sutherland voel?

Carole ·

Hoe dit is is dat dit ongelukkig nie ‘n geval gaan wees van ” may the best (wo)man win”! Maar Bly baie trots op Laurika en “she is simply the best!”

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.