Leer meer oor joernalistiek met splinternuwe Skryfnet-kursus!

Argieffoto (Foto: StockSnap/Pixabay)

Stel jy belang om joernalistiek te studeer of wil jy graag vir jou plaaslike koerant of nuusplatform skryf?

Dan is dit jou gelukkige dag! Die Afrikaanse skryfskool Skryfnet spog eersdaags met ʼn splinternuwe kursus wat spesifiek vir hierdie doel geskep is.

Skryf vir gemeenskapsmedia is ʼn praktiese joernalistieke kursus vir diegene wat passievol is oor nuus en dit met integriteit wil oordra.

Dit is deur Maroela Media ontwikkel en fokus op die fynere detail van joernalistiek, spesifiek in die digitale omgewing.

Meer as twee miljoen lesers besoek Maroela Media maandeliks en hierdie platform het oor die jare gegroei en ontwikkel tot een van die betroubaarste nuusbronne in die land. Daarom weet jy dat jy in goeie hande is wanneer jy by hierdie span kundiges kers opsteek oor skryf.

Dié tien weke lange aanlyn kursus word deur Landi Slatter, ʼn dosent in joernalistiek by Akademia, aangebied.

Landi het haar BA-graad in kommunikasiestudies aan die Noordwes-Universiteit (NWU) se Potchefstroomkampus verwerf, asook haar BA Honneurs (met spesialisering in Joernalistiek) en meestersgraad (in kommunikasiestudies met spesialisering in Joernalistiek) cum laude aan dieselfde universiteit. Landi het haar loopbaan by Maroela Media begin en later by Rapport se nuuskantoor in Pretoria aangesluit as algemene joernalis; sy het ook die “onderwysbeat” gedek en in hierdie hoedanigheid as gas opgetree by radiostasies en Facebook Live-paneelgesprekke. Sy is steeds ʼn vryskutjoernalis en tree weekliks as radiogas op om plaaslike nuusaangeleenthede te bespreek.

Skryf vir gemeenskapsmedia is ʼn goeie inleidende kursus vir enigeen wat graag ʼn loopbaan in joernalistiek wil hê en basiese vaardighede wil aanleer.

Die kursus skop amptelik op 15 Mei vanjaar met ʼn aanlyn verwelkomingsessie af.

Om jou plek te bespreek, klik hier. Sodra die registrasieproses afgehandel is, sal ʼn e-pos met verdere inligting deurgegee word om toegang tot die leerplatform te kry.

Deelnemers wat die kursus voltooi, ontvang ʼn sertifikaat van Akademia. Inskrywings sluit op 12 Mei. Koste beloop R4 000 per persoon.

Besoek ook Skryfnet se webblad vir meer inligting en antwoorde op gereelde vrae.

Skryfnet is ʼn projek deur Maroela Media en Akademia. 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.