Leerlinge ding mee in Pta vir plek in SA skaak-span

Leerders skud hande voor die wedstryd.

Leerlinge skud hande voor die wedstryd. Foto’s: Reint Dykema.

Die jaarlikse Suid-Afrikaanse Junior Geslote Skaaktoernooi vind tans plaas by Hoërskool Waterkloof, Pretoria. Judy Marie Steenkamp, voorsitter van skoleskaak in Gauteng en die organiseerder van die toernooi, sê daar is net minder as 300 deelnemers.

Volgens Steenkamp kan ʼn wedstryd tot vyf ure duur en sommige van die wedstryde word op elektroniese borde gespeel sodat dit aanlyn uitgesaai kan word.

Vanjaar is ook die eerste keer dat daar meer meisies (142) as seuns (125) deelneem. Die meisies en seuns neem apart deel. Leerlinge neem in afdelings van O/8 tot O/20 deel.

Die toernooi bestaan uit elf rondtes en Donderdag se rondte was 9 van 11. Vanuit hierdie 267 leerlinge sal drie gekies word om Suid-Afrika in Oktober by die World Youth and Cadets Championships 2015 in Halkidiki in Griekeland te verteenwoordig vanaf 24 Oktober tot 5 November. Hulle beoog om daar die beste van al die Afrika-lande te presteer.

Volgens Steenkamp vergelyk Suid-Afrikaanse skaak “nie baie goed” met internasionale skaak-standaarde nie. Dít word toegeskryf aan die feit dat Suid-Afrika ver van Europa is waar die lang, koue winter meer skaakspeel aanmoedig. Steenkamp voeg by dat dit “is baie duur om in Europa te gaan deelneem”.

Stampvol saal tydens dié toernooi.

Stampvol saal tydens dié toernooi.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.