Liefde gee hondjie tweede kans

Jay-Z (Foto: Heather Hayes)

Jay-Z (Foto: Heather Hayes)

Jay-Z, ‘n Chihuahua-hondjie wat in ʼn sorgsentrum vir diere opgeneem is, se kans om haar laaste dae in ‘n liefdevolle huis deur te bring, het skraal gelyk.

Die personeel van die sentrum het getwyfel of iemand die siek brakkie sal aanneem. Met haar bewende lyfie en kenmerkende tong wat altyd uithang, het sy egter Heather Hayes se aandag getrek.

Hayes het gedink die Chihuahua sal nog net een aand lewe. Dié hondjie was immers oud en siek. “Laat ek haar huis toe vat,” het die vrou van Noord-Carolina in die VSA gesê. “Ten minste sal sy dan vir 24 ure liefde ervaar.”

Jay-Z se ouderdom is ʼn raaisel, maar vier jaar sedert Hayes haar huis toe gevat het, is klein Jay-Z nog steeds daar. Sy was intussen op allerhande avonture: sy het al gekampeer, boot gery en Mount Mitchell uitgeklim.

Nou is daar nóg ses Chihuahua-maats vir Jay-Z.

Jay-Z se liefdevolle gesin. (Foto: Heather Hayes)

Jay-Z se liefdevolle gesin. (Foto: Heather Hayes)

“Jay-Z het my geleer om ouer diere te koester.” Volgens Hayes het Jay-Z haar ook geleer om die klein dingetjies in die lewe te waardeer.

“Dit is so lonend om diere waarvoor niemand omgee nie, huis toe te bring. Ek hoop Jay-Z se storie sal mense inspireer om ook ouer diere aan te neem en in hulle in hul goue jare ʼn tweede kans te gee.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Leonie ·

Ag moeder. Tog te oulik. Dankie Maroela vir die mooi storie :)

Janine ·

Mag jy uit jou sokkies gebless word Heather! Ons sukkel altyd so om goeie huise te kry vir die ouer hondjies. Almal soek net altyd die cute puppies. Ek het ‘n hele paar ‘ou’ honde en uit tande en al, is hulle die dierbaarste goed sonder enige geite. Grawe nie gate nie, byt nie die meubels en skoene stukkend nie – ‘n Goue Oue verdien ook liefde en bietjie aandag – hulle vra so min!

Dierbaar ·

Ek is n GROOT Chihuahua fan! Dankie vir die mooi artikel dit maak my hart so warm om te weet daar os mense wat nogteeds omgee vir die kosbare diere!
Geseend is jy!

Helene ·

Dankie Heather, jou soort is dun gesaai! Pragtige einde so op hierdie Vrydag!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.