Liefde… só sê jy dit

Argieffoto (Pixabay)

“Ek is lief vir jou”, “ek smaak jou stukkend”, “ek laaik jou kwaai”, “jy is my hart se punt”… daar is ʼn hele paar maniere om jou liefde uit te druk!

Skryf dit in die stoom op die badkamerspieël, met ’n stok in die sand, met ’n straalvliegtuig in die lug of op ’n banier oor die hoofstraat, maar sê dit net!

Februarie is die maand van liefde: dit is Valentynsdag en elke vier jaar Skrikkeldag (wanneer meisies die vraag mag vra!) en die kortste maand van die jaar – wat mens daaraan herinner dat jy jou liefde daagliks moet uitleef!

Maroela se aanlyn winkel, Die Koöperasie, maak dit vir jou baie maklik om op ʼn praktiese manier te wys dat jy iemand in die oog het!

Toffies vir jou geliefde

Toffies vir jou geliefde

Bewys jou liefde met ʼn titseltjie soetigheid!
So soet soos stroop
In suiker gedoop
My hart voel sommer bly –
Jy kan al my soene kry!

Hierdie handgemaakte tradisionele toffies is sag en smelt soos botter op die tong en is die ideale geskenk sommer enige tyd van die jaar wanneer jy jou soettand-geliefde wil bederf!

Koop die toffies nou in Die Koöperasie vir slegs R75-00

Klapsoen-lipsalf

Klapsoen-lipsalf in Maroela se aanlyn winkel, Die Koöperasie

Of jy nou ʼn tiener is en jou oog op daai oulike kêrel of meisie het, en of jy al van vroegoggend op jou plaas aan’t werskaf is, hierdie lipsalf is net so goed vir jou lippe soos die olie vir daai windpomp wat gereeld kraak.

Koop die klapsoen-lipsalf nou in Die Koöperasie vir slegs R25-00

Handsak van egte leer

Leerhandsak sonder ritssluiter (Foto: Maroela Media)

Dié duursame handsak is net so modieus en stylvol in die middestad van Kaapstad as die stofstrate van Koekenaap. Of sy nou gereeld hoë polvye of plat sandale dra, sy gaan altyd trots wees op dié leerhandsak.

Koop die handsak nou in Die Koöperasie vir slegs R1 400-00

Argieffoto (Foto: TheVirtualDenise/Pixabay)

En dan kan jy natuurlik daarmee saam ook jou liefde bewys sonder dat dit jou enige geld uit die sak jaag om die liefde heel jaar lank te laat blom:

1. Skryf ’n liefdesbrief en seël dit in ’n bottel. Steek dit iewers weg waar jou geliefde daarop sal afkom.
2. Sny ’n CD met al jul gunsteling- romantiese musiek.
3. Herleef jul eerste afspraak.
4. Gaan kampeer in ’n tent – verkieslik ’n tweemantent.
5. Hou piekniek in die agterplaas (onthou die aarbeie en room!)
6. Gaan stap, en hou hande vas.
7. Skryf al die redes hoekom jy lief is vir jou maat op afsonderlike klein papiertjies en steek dit oral weg in die huis waar jou maat daarop gaan afkom.
8. Gee ’n paar liefdeskoepons, soos ʼn ete by kerslig, ʼn romantiese DVD-aand, ontbyt in
die bed.
9. Kyk ’n ou romantiese fliek saam.
10. Gaan vlieg ’n vlieër in die park.

Lank lewe die liefde!

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.