Lindie Strydom: Die held in jou

Argieffoto (Foto: ErikaWittlieb, Pixabay)

Ek het bietjie gaan kyk na die eienskappe van helde om te verstaan wat hulle anders maak.  Die dapperheid van ʼn Racheltjie de Beer wat haar lewe gee om haar boetie s’n te red. “Lady with the lamp”, Florence Nightingale, se deernis en liefde en versorging van Britse soldate en haar veggees om opleiding vir verpleegsters te verseker. Sy het gesê: “I attribute my success to this – I never gave or took any excuse.”

Moeder Teresa se opofferende en onselfsugtige diensbaarheid is interessant vir my – sy het nie die wêreld se armes probeer red nie, net Calcutta s’n, maar sy het dit op só manier gedoen dat die hele wêreld by haar kon leer. Sy het ons geleer: “If you judge people, you have no time to love them. Let no one ever come to you without leaving happier. Be faithful in small things because in them your strength lies.”

Johanna van Arkel was maar 13 jaar oud toe sy gevoel het sy moet vrede bring vir haar land en op 17 of 18 het sy die Franse troepe gelei om ʼn oorwinning te behaal teen die Engelse!   “I am not afraid… I was born to do this.”

Ghandi se eienaarskap en verantwoordelikheid wat sê: “You must be the change you wish to see in the world” en “forgiveness is the attribute of the strong”. Nelson Mandela se nederigheid wat getuig van ware dapperheid: “I learned that courage was not the absence of fear, but the triumph over it. The brave man is not he who does not feel afraid, but he who conquers that fear. It always seems impossible until it’s done.”

Elkeen met ʼn besonderse innerlike krag wat baie meer indrukwekkend is as die super powers van ʼn Superman of Batman!

Ek dink egter nie hierdie helde is noodwendig met hierdie besonderse eienskappe gebore nie. Ek dink dit was die geveg wat hulle geveg het wat hierdie eienskappe na vore geroep het of dit in hulle geskep het as dit nog nie daar was nie. Soos M. Scott Peck in sy boek The Road less travelled skryf: “Problems are the cutting edge that distinguishes between success and failure. Problems call forth our courage and our wisdom, indeed, they create our courage and wisdom.”   

Hetsy die geveg teen armoede of die geveg teen koue en hongersnood, onregverdigheid en verdeeldheid. Dis die geveg wat die held en sy dapperheid en die veggees in hom laat opstaan!

Die woord “held” kom van die Griekse woord “warrior” – soldaat, vegter, beskermer en verdediger.

So, wat is jou geveg? Die probleem of die uitdaging, die onregverdigheid wat jy weier om net so te aanvaar of die saak waarvoor jy staan? Ek glo daar is ‘n held in elkeen van ons, maar dan moet ons antwoord op die roeping van God vir die spesifieke taak met ons naam op en soos jy antwoord, sal jy sien wat God reeds in jou belê het vir die geveg!

Meer oor die skrywer: Lindie Strydom

Lindie Strydom is ‘n bekende radio- en TV persoonlikheid, skrywer en spreker met ‘n passie vir haar gemeenskap! Sy is getroud met Johann Strydom en die ma van drie kinders, Paul en ‘n tweeling, Hugo en Nina.

Deel van: Goeie nuus, Rubrieke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

AN ·

Nee wat, Lindie, daar is net een Held – Sy Naam is Jesus Christus. Daar is geen held binne in enige een van ons nie….ons is almal sondaars gebore en kan niemand of geen saak “red” nie, inteendeel ons het almal vir Jesus nodig om ons te red van ons slegte dade.

Marius ·

Ons is so geneig om onsself as Dawid te sien. Eintlik is die regte analogie dat ons die bang Israeliete is wat wegkruip vir Goliat en dat Jesus die “groter” Dawid is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.