Lindie Strydom: ʼn Nabye teenwoordigheid

Argieffoto (Foto: Pexels, Pixabay)

ʼn Dierbare tannie wat getrou vir my bid, stuur vir my ʼn boodskappie met die woorde: “Lord, I pray for your abiding presence in Lindie’s life.”

Ek moes die grootheid van hierdie woord abiding gaan opsoek:
Lasting a long time, in fact lifelong, eternal and everlasting.”

Ander sinonieme sou wees: “continuing, enduring, persisting, remaining, fixed, durable, permanent, stable, unchanging and steadfast”.

Wat ʼn mooi gebed om vir iemand te bid! Mag jy die Here se lewenslange en ewige, aanhoudende, standvastige, volhoubare, permanente, stabiele en onveranderde teenwoordigheid en nabyheid in jou lewe beleef!

Ons het daardie aand saam met die organisasie PEN deur die strate van ons stad gestap. Ons wou juis nader kom aan die nood sodat woorde soos “arm”, “honger”, “nood” en “koud” ʼn gesig en naam en storie kan kry en ek kan sien hoe lyk “koud” en “honger” se adres, straathoek en kartonboks waarmee hy vanaand die koue gaan probeer afweer as ek in my warm bed met al my warm klere aan my lyf gaan inklim…

Wat as God ons wil gebruik in antwoord op daai gebed? Hy wil ons nader dring aan die mense in ons gesin, in ons kantoor, in ons straat en in ons stad sodat ons naby-wees en nader kom aan ons naaste vir hulle God se “abiding” nabyheid en teenwoordigheid real kan maak, met ʼn regte paar hande en voete wat iets soos ʼn naby-aan-die-lyf-baadjie kan deel of ʼn “op-die-perfekte-tyd” WhatsApp kan stuur, ʼn broodjie vir die honger of ʼn glas water vir die dors, hulp met huiswerk of ʼn warm stort vir iemand se menswaardigheid kan gee…

Ons omgee en ons aangee van God se gee in watter vorm ook al is die aangee van God se nabyheid in mense se lewens.

Ek glo dis ons eie naby-aan-God-wees wat ons in staat stel om nader en naby ons naaste te leef! My intimiteit met my Vader, dring my tot intimiteit en nader-kom aan Sy kinders! Al God se kinders! As ons arm is aan intimiteit met ons Vader, is ons ook baie keer arm aan intimiteit en naby-wees aan ander…

Mag ons ʼn lewenslange, volhoubare en stabiele pad met God se kinders stap sodat hulle Sy onveranderde, permanente, ewigdurende en permanente teenwoordigheid en nabyheid in hulle lewe sal ken!

Meer oor die skrywer: Lindie Strydom

Lindie Strydom is ‘n bekende radio- en TV persoonlikheid, skrywer en spreker met ‘n passie vir haar gemeenskap! Sy is getroud met Johann Strydom en die ma van drie kinders, Paul en ‘n tweeling, Hugo en Nina.

Deel van: Goeie nuus, Rubrieke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Darryl ·

Baie mooi en treffende artikel Lindie…kan sien jy stap hand aan hand met God …op die ou end bly dit wat jy sê die “essence ” of life.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.