“Luipie” die Cheetah is gevind!

Luipie

Zoë is baie bly dat Luipie gevind is. Foto: Verskaf

Zoë Terre Blanche van Pretoria se liefste “Luipie” is gevind! Maroela Media het vroeër berig oor haar pa wat ʼn groep op Facebook begin het om sy dogter se speelding op te spoor wat verlore geraak het tydens hul vakansie in die Wes-Kaap. Lees meer hier.

ʼn Inwoner van De Rust, Johanna Coetzee, het moeite gedoen om na Luipie te soek en het hom by die eerste winkel opgespoor. Volgens Johanna het die eienaars van Die Village Trading Post se hondjie eintlik eerste vir Luipie gekry en die eienaars het toe besluit om Luipie veilig te bêre.

André, Zoë se pa, sê hulle wou eers seker maak dis wel Luipie, maar toe hulle Johanna se foto’s sien, kon hulle nie wag om die nuus met Zoë te deel nie. “Ek het Zoë geroep en gesê ek het vir haar ʼn verrassing op my foon. Ek het die Whatsapp boodskap en foto’s van Johanna vir haar gewys. Haar gesig het behoorlik gestraal en sy het dadelik die foon begin druk en soen.  Ons het toe vir Johanna gebel en Zoë het vir haar baie dankie gesê.  Die opwinding was so groot dat ek maar vir Johanna gesê het ek sal later met haar kontak maar oor hoe ons vir Luipie gaan terugkry in Pretoria – vir nou moet ons eers feesvier!”

André, Zoë se pa, kon nie genoeg dankie sê nie.” Johanna is ʼn ster, ons sal haar nooit genoeg kan bedank vir haar moeite nie. Zoë is met ʼn blye hart graad een toe. Baie dankie aan almal wat gehelp soek het. So iets laat ʼn mens weer goed voel oor ons land en sy mense.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

WICUS ·

SAL NOU N HALSBAND MOET AANSIT ,SODAT LUIPIE NIE WEER WEGLOOP LOL

Hendrik Smit ·

Ek het amper dieselfde probleem. Brownie was ook weg, ons het hom opgespoor, hy is in Colesberg by Gables Inn, probleem is ons bly in Witbank amper 800km ver en Gables Inn personeel sê hulle kan hom nie vir ons pos nie. My seun Xander mis hom baie, dit is sy bedmaatjie.

Tanya ·

Ek is seker iewers is iemand wat kan help om vir Brownie terug te kry by Xander. Vra net die personeel om asb na Brownie om te sien tot julle plan kan maak. Dis hartverkeurend as die kinders so ‘n maatjie verloor. As ek vroeer gelees het, kon ek dalk gehelp het om Brownie tot in Johannesburg te kon kry.

Sterkte Xander!

Anneri ·

Hi daar Hendrik,

Julle kan met XOC reel dat hulle vir Brownie gaan oplaai. Eks nie seker hoeveel hulle vir kourier gaan vra van Colesberg na Witbank nie, maar jy kan die hele proses op die internet doen, van boek tot betaal. Hulle hoort jou ook die goedkoopste uit te werk. Andersins kan hulle vir Brownie in ‘n Aramex sakkie sit en in ‘n Aramex bin sit by die naaste Pick n Pay. Meeste Pick n Pay winkels het nou van die bokse. Jy koop die sakkie om hom in te sit by die teller wat sigarette ens verkoop. Dis R100, dan laai hulle hom by jou huis af. :)

Laurika ·

Jy kan ‘n koerier diens betaal waarna hul dit vir jou sal gaan haal. Ek weet Postnet is op baie dorpe. As jy soontoe gaan met die address, vooruit betaal, en reël net dat hul dit by iemand oplaai daai kant, kan jy binne 24 uur die speelding terug kry.

Jo-anli ·

Laat hulle vir jou koerier ekt klere in Natal vergeet, dis vir my gekourier na my huis toe. Ekt net die kostes inbetaal in hulle bankrekening.

Meraai ·

So bly Zoë het haar Luipie gekry! Johanna, jy is ‘n engel! Dis regtig lekker om sulke, soos Maroela sal sê: “goeie goed”, te lees!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.