Luister: 16-jarige maak skoonskip by Redderburgse hoenderskou


Elvin-Herselman-Fees@lanties-hoenderskou

Die 16-jarige Elvin Herselman het skoonskip gemaak met sy Orpintong-hoender by die Fees@lanties-skou in Reddersburg. Foto: Verskaf.

Reddersburg se Fees@lanties-skou het op 8 en 9 Mei vanjaar plaasgevind en dit is hier waar die 16-jarige Elvin Herselman van Krugersdorp behoorlik ʼn opskudding veroorsaak het met sy Orpington grootras-hoender.

Hy is nie net aangewys as die jeugvertoner vir 2014/15 nie, maar het ook ʼn hamermeule-trofee ontvang vir die beste hoender op die skou. Boonop het hy toekennings vir die beste kleur en die beste jong hoender gekry.

Esté Meyer Jansen het die voorsitter van die Vrystaat Pluimvee-klub, Ben Janse van Rensburg, genader vir terugvoer oor die skou en agtergrond oor die wenners.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Peet Schabort ·

Veels geluk Elvin. Dit laat my terugdink aan die laerskooldae waar ons ‘n Landbouklub gehad het en kinders deelgeneem het. Die plaaskinders met hulle beeste, skape, varke ens. en die dorpskinders met hul posduiwe, hoenders ens. Daar is getrou boek gehou van die diere en pryse is ook ontvang.
Dan was daar ook ‘n boekie “LANDBOUKLUB-LIEDERE” gedruk 1944 en uitgegee deur die Departement van Landbou en Bosbou. Onder toesig van die Afdeling Veeteelt en Akkerbou. In samewerking met die Provinsiale Onderwysdepartemente en die Suid-Afrikaanse Spoorweë en Hawens.
Ongelukkig is daar nie eintlik ‘n plek vir die bewaring van items waar die staat nie sy poot in het. So wat van my goed gaan word is ‘n ope vraag.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.