Luister: Affies-seuns praat oor SA en Afrikaans se toekoms

Dylan Lee, Zander van der Merwe en Waldo Pienaar van die redaksie van die Afrikaanse Hoër Seunskool se koerant, Die Stroom-op, het met Maroela Media gesels oor die toekoms van Afrikaans en die land. Foto: Verskaf.

Die redaksie van die Afrikaanse Hoër Seunskool se koerant, Die Stroom-op, het kort voor dié skool se 100ste verjaardag ʼn besoek by Maroela Media se kantoor kom aflê.

Maroela Media het met Dylan Lee, die redakteur, Zander van der Merwe, adjunkredakteur van sport, en Waldo Pienaar, adjunkredakteur van kultuur, gesels om uit te vind hoe die seuns oor die toekoms voel en die vooruitsigte vir die jaar wat voorlê.

Die leerders het verduidelik wat hulle nog opgewonde oor Suid-Afrika maak en hoekom Afrikaans as taal vir hulle belangrik is.

Verder het die manne ook verduidelik hoe hulle en hul vriende verseker dat Afrikaans as taal floreer.

  • Luister na die volledige onderhoud bo-aan hierdie berig.

Die redaksie van die Afrikaanse Hoër Seunskool se koerant, Die Stroom-op, saam met Maroela Media se kantoorhond Japie. Foto: Verskaf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae