Die Afrikaanse Kersfliek, Trouvoete, laat nie net die vonke op die silwerdoek spat nie, maar het ook dié Kersfees die droom van een gelukkige bruid waar gemaak. Organiseerders van die fliek het in samewerking met die produksiehuis, Phoenix Films, onlangs ’n kompetisie van stapel gestuur wat die gelukkige bruid ’n troue ter waarde van R200 000 laat wen het.
Die kompetisie, wat deur Pretoria FM bestuur is, het byna 600 inskrywings ontvang. Deelnemers moes in minder as 100 woorde hul verhaal van liefde op skrif stel wat dan deur ’n paneel vonkelvroue beoordeel was.
Die prysgeld gaan aan die wenners, Anneri Schulenburg en haar verloofde, Thinus Stoop en sluit ’n verloofring van Arthur Kaplan en ’n wittebrood in.
Hier is Anneri se verhaal wat ingestuur is deur haar ouma, Jakkie du Toit:
“My kleindogter en haar verloofde het vier jaar gelede ontmoet by dieselfde skool waar hul onderwysers is en dadelik verlief geraak. Hy het haar voor die hele skool gevra om te trou. Hulle wil September trou en sit ekstra ure na skool in om vir die troue te betaal. Albei kom soms na 23:00 eers tuis, want hulle werk om geld bymekaar te maak vir die troue. Anneri se ouers het alles verloor deur hul besigheid. Stoop is die broodwinner, want sy pa is oorlede en hy help sy ma en sus wat doofstom is en nie werk kry nie. Hulle is opregte mense en lééf liefde en Christenskap uit.”
Kyk hier hoe die beoordeling plaasgevind het. Kyk ook onder na die lokprent en besoek Trouvoete se webwerf.
https://youtu.be/MkhbA2CUW5w