Podcast: Play in new window

Alison Botha. Foto: Argief.
Op 18 Desember 1994 het ʼn 27-jarige vrou van Port Elizabeth, Alison Botha, se lewe onherroeplik verander. Sy is deur twee aanvallers, Frans du Toit en Theuns Kruger, ontvoer, gewurg, verkrag en 17 keer in die nek en 37 keer in die maag gesteek. Sy is aan die buitewyke van ʼn natuurreservaat in Port Elizabeth vir dood agtergelaat. Maar sy het haar eie kragte oortref en dié grusame aanval oorleef.
Towerkop Creations gaan Alison se verhaal van krag, dapperheid en hoop vertel in ʼn dokumentêre rolprent, genaamd Alison.
Esmarie Prinsloo het die voorreg gehad om met haar te praat.
Hier is die lokprent van die dokumentêre rolprent:
https://youtu.be/_1ZXMBltVS0
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
1 Kommentaar
Kan nie wag om hierdie docie te sien nie!