Luister: App-ontwikkeling nou oop vir foendi’s en groentjies


kinders-tegnologie-en-apps

Solidariteit Helpende Hand se innoverende AppFabriek help jong entrepreneurs om apps te ontwikkel. Foto: Dit.ie

BAIE BELANGRIK: Inskrywings is nog oop tot 31 Mei 2015. Jy kan dus nog gou inskryf as jy graag aan hierdie opwindende appfabriek wil deelneem, maar dan moet jy opskud!

Die ontwikkeling van briljante apps is nou binne die bereik van elke jong entrepreneur danksy die bekendstelling van Solidariteit Helpende Hand se innoverende AppFabriek. Dié platform vir die ontwikkeling van apps gebruik eenvoudige sleep-en-los tegnologie, waarmee selfs onervare app-ontwikkelaars nou ook hul unieke en moontlik winsgewende, apps kan ontwikkel.

Esté Meyer Jansen het met dr. Danie Brink, besturende direkteur van Helpende Hand, gesels vir meer oor dié nuwe tegnologiekursus vir entrepreneurs.

  • Tydens die opleidingsfase leer kandidate om vyf verskillende tipes apps te ontwikkel (insluitende indeks-, e-handel- en gemeenskap-apps). Die inskrywingsgeld vir opleiding beloop R300 per kandidaat of groep (bestaande uit twee lede). Meer inligting oor APPfabriek is beskikbaar by appfabriek.co.za.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Gwen ·

Wat help hierdie berig ’n dag nadat die inskrywings gesluit het? Daar was twee weke tyd om dit te plaas maar een of ander slimkop wag totdat die inskrywings gesluit het. Belaglik.

Sune van Heerden ·

Dagsê Gwen

Dankie vir jou boodskap. Die artikel het per ongeluk weens ‘n tegniese fout eers later verskyn, en ons het dit nie besef nie. Die goeie nuus is die inskrywings is oop tot 31 Mei. Indien julle dus nog steeds wil inskryf, is daar nog ‘n kans!

Ek hoop jy kuier intussen nog sommer baie lekker verder op Maroela en laat weet ons gerus watter interessante apps julle gebou het!

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.