Luister: Bekendes en hul kroos vier Moedersdag

Nadia Beukes (Foto: Mizanne Hattingh/Maroela Media)

“Ek dink om ’n ma te wees, is ’n absolute wonderlike voorreg, en dit kom nie sonder uitdagings nie. My raad aan mammas is om tyd vir jouself te maak. Onthou as jou eie bekertjie vol is, is dit soveel makliker om vir ander te gee.”

Só sê Nadia Beukes, aktrise, sanger en ma.

Maroela Media het by Beukes, Simoné Pretorius, Irene-Louise van Wyk, Christel van den Bergh en Daniëlla van Heerden ingeloer om meer uit te vind oor hulle ervarings met ma-wees en om te hoor watter brokkies raad hulle met nuwe ma’s kan deel.

Van den Bergh bring hierdie Moedersdag gehalte-gesinstyd deur saam met haar seuntjie en David Louw op die plaas waarheen hulle onlangs verhuis het.

“Ons gaan tien teen een uitpak. En hy gaan vír my uitpak op hierdie Moedersdag,” het sy geskerts.

Sy wil dit graag tuisbring dat ma’s nie soveel druk op hulself moet plaas nie.

Simoné Pretorius en haar dogtertjie, Harper. (Foto: Facebook/Simoné Pretorius)

“Ek is 100% seker dat almal die bes doen wat hul kan, en dis genoeg. Jou kind sal vir jou lief wees.”

Van Wyk vertel dat haar hart sag word elke keer wanneer haar dogtertjie na haar roep.

“Die lekkerste is om haar te sien grootword, om te sien hoe sy haar eie mens is. Dit maak my hart so bly as ek sien dat sy gelukkig is; as sy gelukkig is, is ek gelukkig.”

Pretorius erken dat sy nog nie lank ma is nie, maar dat sy reeds waardevolle lesse oor moederskap geleer het.

Die eerste les is dat ma’s hulle instink moet vertrou.

“Ek glo die Heilige Gees fluister wysheid vir ’n ma. Ek dink die Here stel ma’s in staat om jou kind groot te maak, Hy ken hulle beter as wat ons doen.”

  • Luister boaan die artikel na bekendes se raad en staaltjies oor moederskap en Moedersdag.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.