Luister: Hier is Afrikaans se eie storie, ‘Sagmoedige Neelsie’

CJ-Langenhoven

CJ Langenhoven, oftewel Sagmoedige Neelsie. Foto: Argief.

Afrikaans is vandag, 90 jaar gelede, op 8 Mei 1925, as een van die amptelike tale van Suid-Afrika aanvaar en niemand anders as die kleurvolle skrywer en politikus CJ Langenhoven, oftewel Sagmoedige Neelsie, was ten nouste betrokke by die amptelike erkenning van die taal.

Kom luister nou aan die hand van sy lewenstorie hoe die groot mylpaal bereik is. Verkneukel jou in die staaltjies en stories van die skrywer van “Die Stem”, en waardeer Afrikaans opnuut.

Die hoofrol word vertolk deur die gesoute radio-akteur, Lochner de Kock. Anton Dekker se bekende radiostem is die karakter, Afrikaans. Ria Smit speel Sarah Goldblatt en Riana Wilkens is Langenhoven se vrou, Lenie. Ander spelers is Francois Stemmet, Morné Coetzer en Antowan Nöthling. Selfs Jahkals (regte spelling!), Langenhoven se hondjie, speel ook ʼn rol in die enkelradiodrama wat deur ʼn borgskap van die Solidariteit Beweging moontlik gemaak is. Bettie Kemp is die regisseur en vervaardiger en die teksskrywer is Evert Snyman.

Kry vir jou ʼn koppie boeretroos, sit gerus nader en ontspan terwyl jy 40 minute op reis geneem word deur die verhaal van Afrikaans se ontstaan.

Jy kan ook na die radiodrama ‘Sagmoedige Neelsie’ luister op jou gunsteling-gemeenskapsradiokanaal:

  • Radio Maluti – 10:00
  • Radio Namakwaland – 10:15
  • Whale Coast FM – 13:10
  • Caledon FM – 12:15
  • Oos-Rand Stereo – 12:40
  • Eden FM – 13:20
  • Radio Rosestad – 14:05
  • Overvaal Stereo – 14:20
  • Radio Alpha – 16:00
  • Radio Panorama – 18:00
  • Radio Pretoria – 19:05
  • Radio Kragbron – 20:00
  • Radio Laeveld – 10 Mei om 20:00

Lees meer oor die enkelradiodrama hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.