Luister: Hou God in Skole-fietstoer bereik halfpadmerk


Ds-Henk-Stavast-en-Derik-na-Morreesburg

Ds. Henk Stavast en Derik Francis op pad na Morreesburg in die Wes-Kaap. Foto: Hou God in Skole se Facebook-blad.

Ds. Henk Stavast en Derik Francis, die twee manne wat ‘n fietstoer deur Suid-Afrika aangepak het om bewusmaking rondom die behoud van godsdiens in skole te skep, is nou in die Kaap en het Woensdag die halfpadmerk van die fietstoer bereik.

Met 3 000 km se fietstrap agter die rug, sê Stavast hulle is in goeie gees en reg vir die drie weke van die toer wat nog voorlê.

Esté Meyer Jansen het met Stavast gesels nadat hulle in Somerset-Wes aangekom het ná die dag se fietsry om te hoor hoe die toer tot dusver ontvang is en wat van hul hoogtepunte sover was.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.