Luister: Hou God in Skole-fietstoer eindig op ʼn hoë noot


Fietstoer-00

Ds. Henk Stavast en Derik Francis is deur Laerskool Stephanus Roos van die Sinoville-omgewing in Pretoria terug verwelkom. Foto: Esté Meyer Jansen.

Ds. Henk Stavast en Derik Francis is terug op eie bodem nadat die twee manne in 11 weke 6 000km per fiets afgelê het. Hulle het ʼn 100 dorpe besoek om bewusmaking te skep vir die behoud van godsdiens in skole. Stavast en Francis het nie net R2-miljoen ingesamel vir die hofgeding oor die saak nie, maar kon op die toer ook sowat 70 000 kinders met die woord van God bereik.

Esté Meyer Jansen het met die oorstelpte Francis en Stavast gesels by die Laerskool Stephanus Roos in die noorde van Pretoria, wat die eindpunt van die lang fietstoer was.

Lees alle vorige berigte oor dié fietstoer op Maroela Media.

  • eNuus het ook ‘n insetsel oor die fietstoer se afsluitingsfunksie vervaardig. Kyk eNuus elke aand om 19:00 op kanaal 144 en 145 op DStv.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.