Ds. Henk Stavast en Derik Francis is deur Laerskool Stephanus Roos van die Sinoville-omgewing in Pretoria terug verwelkom. Foto: Esté Meyer Jansen.
Ds. Henk Stavast en Derik Francis is terug op eie bodem nadat die twee manne in 11 weke 6 000km per fiets afgelê het. Hulle het ʼn 100 dorpe besoek om bewusmaking te skep vir die behoud van godsdiens in skole. Stavast en Francis het nie net R2-miljoen ingesamel vir die hofgeding oor die saak nie, maar kon op die toer ook sowat 70 000 kinders met die woord van God bereik.
Esté Meyer Jansen het met die oorstelpte Francis en Stavast gesels by die Laerskool Stephanus Roos in die noorde van Pretoria, wat die eindpunt van die lang fietstoer was.
Lees alle vorige berigte oor dié fietstoer op Maroela Media.
eNuus het ook ‘n insetsel oor die fietstoer se afsluitingsfunksie vervaardig. Kyk eNuus elke aand om 19:00 op kanaal 144 en 145 op DStv.
Ds. Henk Stavast sê hulle het 70 000 kinders bedien met die woord van God. Foto: Kobus Bezuidenhout.
Laerskool Stephanus Roos se trompoppies in aksie. Foto: Kobus Bezuidenhout.
Laerskool Stephanus Roos se trompoppies was deel van die verwelkoming vir die twee fietsryers van die Hou God in Skole-fietstoer. Foto: Esté Meyer Jansen.
Jakkie van der Colff was deel van die fietsryers wat die laaste paar kilometers van die Hou God in Skole-fietstoer saamgetrap het. Foto: Esté Meyer Jansen.
Derik Francis sê dit is moeilik om sy gevoelens oor die fietstoer te verwoord. Foto: Kobus Bezuidenhout.
‘n Span fietsyers van Laerskool Stephanus Roos het ook in die laaste skof van die fietstoer saamgetrap. Foto: Kobus Bezuidenhout.
ondersteun maroela media só
Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.