Luister: Jak de Priester sing vir jou op Moedersdag

Foto: Maroela Media

Moedersdag – die enkele dag van die jaar wat jou as moeder gedenk – is meer as genoeg rede om Sondag onder die verekombers te bly lê en heeldag deur kind en kraai bedien te word.

Buiten dít, moet jy as moeder konstant op dié dag hoor hoe onvervangbaar en spesiaal jy is.

Die Afrikaanse sanger Jak de Priester het daarom vandeesweek ʼn ode aan alle ma’s gelewer in ʼn splinternuwe liedjie, “Boervrou”, wat hy spesiaal vir dié dag geskryf het.

“Ek wil graag aan elke moeder sê: Geseënde Moedersdag! Dié liedjie is vir my ma geskryf, maar ek dra dit op aan alle ma’s,” sê die sanger.

Jak de Priester is ʼn bekende televisieaanbieder en sanger van sy liedjies soos “Sally Williams Nougat” en “N1 van my hart”.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Esmé ·

Ag dankie Jak, dit is pragtig. Ek het skoon hoendervel.My eie kind het my lankal vergeet so met die moedersdagkaartjie wat Spar vir al hul vroulike kliënte gegee het vanoggend en hierdie pragtige lied van jou is my dag baie spesiaal. Baie dankie, mag jy ryklik geseën word vir hierdie mooi gebaar.

Fly on the wall ·

Ai Esmé..ek ken kou nie maar my het bloei vir jou. Hoop julle vind mekaar sommer gou weer.

POP ·

Baie dankie vir die mooi lied. My kinders het my baie bederf. Ek is voorwaar geseend met liefde.

Alicia ·

Baie mooi liedjie Jak. As jy die volgende woorde in jou lirieke verander, maak ek hierdie liedjie my lui-toon :-) Die dice val nie……….. Die Here het besluit, dit was deel van God se plan dat ‘n boervrou jou groot maak…….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.