Luister: Kies dié grootste Afrikaanse grap uit die top-10

Kom kies jou gunsteling-Afrikaanse grap. (Foto:
Kat Smith/Pexels)

Die tien beste Afrikaanse grappe het nou na die top-10 deurgedring en die publiek moet Maroela Media kom help om die een grap te kies wat as die Grootste Afrikaanse Grap van Alle Tye aangewys sal word.

“Ons het minstens 600 Afrikaanse grappies in die eerste ronde van die soektog ontvang. Gelukkig het ʼn beoordelaarspaneel van grapmakers saam met ons kopgekrap en kon ons die top-50 met die hand uitsoek.

“Daarna het ons lesers hierdie 50 grappe bestudeer, saam gelag, daaroor nagedink en sommer weer gelag terwyl hulle hul beste uit vyf kategorieë gekies het,” verduidelik Eugene Lottering, projekkoördineerder by Maroela Media.

Deur nou vir jou gunsteling‑ Afrikaanse grap te stem, kan jy boonop in aanmerking kom vir ʼn Mauritius-vakansie ter waarde van R50 000. Die vakansie word met die komplimente van World Leisure Holidays geborg.

Kom kyk nou na die top-10‑grappe, lag heerlik saam en stem vir jou gunsteling‑ Afrikaanse Grap van Alle Tye.

Die sluitingsdatum om vir jou gunsteling te stem, is 19 November 2021. Besoek www.grootstegrap.co.za om na die beste 10 grappe te kyk en heerlik saam te lag.

  • Eugene Lottering van Maroela Media het in die ateljee kom draai en oor die soektog na die grootste Afrikaanse grap gesels. Kom luister ook saam na ʼn grap wat Johny Klein uit die top-10‑grappe vertel. Luister na die volledig gesprek boaan die berig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.