
Kragdag bestaan uit ‘n ekspo en seminaar wat mense ‘n geheelbeeld van Suid-Afrika se alternatiewe kragoplossings sal gee. Foto: Kragdag.co.za
Met die fokus opnuut op Eskom se vermoë om genoegsame elektrisiteit aan Suid-Afrika te verskaf en kommer in sekere kringe oor die land se watergehalte en voedselsekerheid, is daar weer belangstelling in kreatiewe oplossings vir hierdie soort probleme.
Die Kragdag-span bied al die afgelope sewe jaar ʼn ekspo oos van Pretoria aan waar mense meer inligting kan kry oor al die nuutste tegnologie en selfdoen-projekte in die veld van alternatiewe energie.
Esté Meyer Jansen van Maroela Media het met HP Steyn van Kragdag oor vanjaar se ekspo gesels:
- Besoek Kragdag.com vir meer inligting oor die ekspo en seminaar wat op 26 en 27 Junie by die Diamantvallei-landgoed net oos van Pretoria aangebied word. Jy kan ook op die webwerf die skakel kry waar jy die petisie kan onderteken wat die minister van energie, Tina Joemat-Pattersson, vra om die publiek toe te laat om self elektrisiteit op te wek. Lees ook Maroela Media se berig oor die petisiebrief hier.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
2 Kommentare
Die oplossing is soos altyd – stig dadelik nog `n afvaardiging en begin met negotiations, tesame met `n ope brief en een honderd en vyftig protes hadtekeninge.