Luister: Kragdag-2015 bekyk alternatiewe oplossings vir energiekrisis


Kragdag

Kragdag bestaan uit ‘n ekspo en seminaar wat mense ‘n geheelbeeld van Suid-Afrika se alternatiewe kragoplossings sal gee. Foto: Kragdag.co.za

Met die fokus opnuut op Eskom se vermoë om genoegsame elektrisiteit aan Suid-Afrika te verskaf en kommer in sekere kringe oor die land se watergehalte en voedselsekerheid, is daar weer belangstelling in kreatiewe oplossings vir hierdie soort probleme.

Die Kragdag-span bied al die afgelope sewe jaar ʼn ekspo oos van Pretoria aan waar mense meer inligting kan kry oor al die nuutste tegnologie en selfdoen-projekte in die veld van alternatiewe energie.

Esté Meyer Jansen van Maroela Media het met HP Steyn van Kragdag oor vanjaar se ekspo gesels:

  • Besoek Kragdag.com vir meer inligting oor die ekspo en seminaar wat op 26 en 27 Junie by die Diamantvallei-landgoed net oos van Pretoria aangebied word. Jy kan ook op die webwerf die skakel kry waar jy die petisie kan onderteken wat die minister van energie, Tina Joemat-Pattersson, vra om die publiek toe te laat om self elektrisiteit op te wek. Lees ook Maroela Media se berig oor die petisiebrief hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Shannon ·

Die oplossing is soos altyd – stig dadelik nog `n afvaardiging en begin met negotiations, tesame met `n ope brief en een honderd en vyftig protes hadtekeninge.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.