[Luister] KragDag-ekspo: Doen jou eie ding

KragDag.jpg[promosie-artikel]

Vanjaar is reeds die agtste jaar wat die Solidariteit KragDag-ekspo plaasvind.

Dit is ʼn selfstandigheid-ekspo met alternatiewe energie as sentrale fokus. Dié jaar se tema, teen die agtergrond van die dreigende waterkrisis, is “Dorsles vir volhoubaarheid”.

Dit is ʼn unieke geleentheid waar verskeie oplossingsverskaffers en die publiek op groot skaal bymekaarkom. Aandag word veral geskenk aan oplossings vir die uitdagings van energie, veiligheid en opvoedkunde vir huishoudings, hoewe- of plaasbewoners en kleinsake-ondernemings.

Daar gaan ook geleentheid wees om seminare by te woon. Onderwerpe is soos volg:

  • Dorsles vir waternood
  • Entrepreneursvryheid
  • Energie – ʼn wêreldperspektief en nywerheidsoplossings
  • Opvoedingselfstandigheid
  • Energie-oplossings vir huishoudings en kleinskaalboere
  • Voedselselfstandigheid

Solidariteit KragDag-ekspo is nie net ʼn ernstige byeenkoms nie, maar ook ʼn geleentheid vir die hele gesin. Daar gaan ʼn heerlike karnaval-atmosfeer wees met musiek, ʼn biertuin, kos, ʼn snuffelmark, en vermaak vir die jongspan. Deur uitstallings, produkdemonstrasies en ʼn opvoedkundige teater het besoekers die geleentheid om inligting te bekom, selfbehoudoplossings beter te verstaan en beter toegerus te word om die regte besluite te neem.

Waar en wanneer vind die ekspo plaas?

Datum: 16 – 18 Junie 2016

Plek: Diamantvallei Landgoed (20 km oos van Pretoria)

Gaan besoek gerus Solidariteit KragDag se webblad vir meer besonderhede.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.