Geniet jy ʼn goeie Afrikaanse Jan van der Merwe- of hasiegrappie? Lag jy jou byna ʼn papie vir ʼn grappie van Gatiep, ʼn blondine, Jannie se sêgoed by die skool of een oor Brakpan en Benoni?
Grappe is so eie aan Afrikaans soos koeksister, biltong en pannekoek. En veral in ʼn tyd waarin peste en pestilensies ons almal behoorlik pê het, is ons Afrikaanssprekendes mos bekend daarvoor dat ons vinnig-vinnig ʼn gepaste (en soms onvanpaste) grappie uitdink om mekaar beter te laat voel.
So, haal jou beste grap uit en laat jou mede-Maroela-lesers skater tot hulle lê. Lag is immers die beste medisyne!
Ter viering van Maroela Media se tiende verjaardag in 2021 is ons op soek na die Grootste Afrikaanse Grap van Alle Tye. Wat is daardie een Afrikaanse grappie wat jou nog altyd sonder versuim laat skaterlag? Dié grap kan jou die kans gee om een van twee vakansies na Mauritius te wen met die komplimente van World Leisure Holidays.*
Die Afrikaanssprekendes het in 2012 vir Paul Kruger aangewys as die Grootste Afrikaner van Alle Tye, en daarna, in 2013, die liedjie “Kinders van die Wind” (Koos du Plessis) as die Grootste Afrikaanse Liedjie van Alle Tye. Nou kan die Afrikaanse gemeenskap weer help om hierdie Grootste-tradisie voort te sit, en te help om die Grootste Afrikaanse Grap van Alle Tye te vind.
Só werk dit
“Maroela Media is op soek na die snaaksste Afrikaanse grap. Dit is ʼn moeilike taak, want mense se humor verskil, maar vir ons is dit ʼn ernstige saak. Ons wil vasstel wat is daardie een grap wat die meeste Afrikaanssprekendes gaan laat lag,” sê Susan Lombaard, uitvoerende hoof van Maroela Media.
Sy beklemtoon Maroela Media soek nie ʼn nuwe Afrikaanse komediant of grapverteller nie, maar eerder Afrikaanssprekendes se gewildste grappe. As jy die gewildste grappie eerste inskryf, kan jy ʼn wonderlike prys hiervoor wen.
Pryse op die spel
Dit was nog nooit so lekker om snaaks te wees nie!
“Die persoon wat eerste die grap ingestuur het wat uiteindelik as wengrap aangewys word, word bederf met ʼn vakansie na Mauritius* waar twee persone sewe nagte in vyfster-verblyf ter waarde van R70 000 sal tuisgaan, met die komplimente van World Leisure Holidays. Die wenner van die tweede vakansie na Mauritius*, vyf aande in ʼn vyfster-hotel ter waarde van R50 000, se naam sal lukraak getrek word uit almal wat aan die stemmery deelgeneem het. Dié prys is ook met die komplimente van World Leisure Holidays,” verduidelik Lombaard.
Hoe om in te skryf
Besoek Grootstegrap.co.za en skryf jou gunsteling- [skoon] grap voor 26 September in. Dit hoef nie jou eie grap te wees nie, net ʼn grap wat vir jou die snaaksste is. As die grap Afrikaans, (skoon) en snaaks is, dan kom hy in aanmerking!
Nou toe – moenie op jou laat wag nie, skryf nou in by Grootstegrap.co.za!
*Bepalings en voorwaardes geld.
- Susan Lombaard, uitvoerende hoof van Maroela Media, het ʼn draai in die ateljee gemaak om meer te vertel oor die mediahuis se soektog na die Grootste Afrikaanse Grap van Alle Tye. Luister na die volledige onderhoud boaan die berig om agter te kom hoe jou gunsteling- Afrikaanse grappe jou Mauritius toe kan vat.
ANC, Beslis die grootste grap van alle tye
Hulle kwalifiseer, maar is ongelukkig nie Afrikaans.
Ek wou skryf die utopia verwagting van 1994 ,maar dis ‘n tragedie!
Afrikaners is op hul eie n grap. Sad but true.
Zuma se tronkstraf!!!
Eendag sit daar drie ouens in n bar. Cyril, Van der Merwe en Piet. Piet vra “ouens, wat is die domste ding wat jy al ooit in jou lewe gedoen het?” Al drie kyk en dink so n bietjie. Van der Merwe antwoord: “seker die dag toe ek gedink het ek is n chopper pilot toe ek so hol en hol en my in my tjops val af van die huis se dak af”. Die drie ouens breek hulle vir Van der Merwe se val. Ou Piet kyk vir Cyril en vra hom wat is sy storie. Cyril gee so n skelm grunnik en se “ou Piet, toe ek daai papier teken, jy weet die een wat vir Zuma vry maak. Eissssshhhhhh, daai my bra is die worst.”