Luister: ʼn Projek na aan sy hart


jak-e-flyer.jpg[promosie-artikel]

Volgende jaar is ʼn groot jaar vir Jak de Priester.  15 jaar het reeds verloop sedert sy groot deurbraak met Sally Williams. Sedertdien het hy nie net sy merk as ongelooflike liedjieskrywer, musikant en verhoogkunstenaar gemaak nie, maar hy is ook die aanbieder op KykNET se baie gewilde reeks, Reis na Gister.  Hy stel ook vroeg volgende jaar ʼn splinternuwe CD bekend ter viering van sy 15 jaar in die musiekbedryf.

Jak is ook ʼn pappa met ʼn hart wat verstaan en daarom is hy al vir ʼn geruime tyd deel van die Helpende Hand-skooltassieprojek. Vanjaar is hy, saam met Sorina Erasmus en MD Greyling, ambassadeurs van die Skenk ʼn Kinderbybel-projek wat Finesse-tydskrif en Carpe Diem Media in samewerking met Helpende Hand loods.

Die tydskrif wil vanjaar 4 600 Kinderbybels in Helpende Hand se skooltassies plaas. Die Kinderbybel, naamlik Eerste Bybel vir Klein Maatjies is deur Johan en Nina Smit geskryf en bevat die bekendste Bybelstories in grootdruk. Sover kon die projek al 322 Bybels oplewer, wat beteken daar is nog 4 278 kinders wat op ʼn Kinderbybel wag.

Hoe kan die publiek bydra?

Vir elke R100 wat geskenk word, kan Finesse een Eerste Bybel vir Klein Maatjies (ter waarde van R140) in een van Helpende Hand se skooltassies plaas.

Stuur jou naam en die woord ‘Kinderbybel‘ en die aantal Kinderbybels wat jy wil skenk, na 47887 (SMS’e kos R2.00). ʼn Verteenwoordiger van Skenk ʼn Boek volg al die SMS’e op.

of

Besoek gerus skenknboek.co.za waar jy jou bydrae kan maak.

Skenkings kan tot 30 November gedoen word. Rig gerus navrae aan Jana: [email protected].

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.