Luister: Nataniël gee teddiebere en ʼn resep vir jou Kerstafel


Nataniël tydens sy besoek aan Helpende Hand met die teddiebere wat hy geskenk het. Foto: Cyril Blackburn

Nataniël tydens sy besoek aan Helpende Hand met die teddiebere wat hy geskenk het. Foto: Cyril Blackburn

Nataniël, bekende sanger, liedjieskrywer en vermaakkunstenaar, betower nie net teatergangers nie, maar maak ook ʼn verskil in die lewe van minderbevoorregtes deur sy betrokkenheid by liefdadigheidsorganisasies.

Hoewel Nataniël reeds groot suksesse behaal het, onder meer met sy nuwe kookprogram, Edik van Nantes, is dié kunstenaar nog plat op die aarde en glo hy daarin om ander se lewe te help verbeter. Maroela Media het by hom ingeloer toe hy onlangs 73 teddiebere aan Helpende Hand geskenk het. Dié teddiebere word gegee met die hoop dat dit iets in ʼn kind se lewe sal beteken.

“Teddiebere is ʼn klassieke simbool van geluk. As daar iewers ʼn kind in ʼn hoekie sit wie se ma drink en wie se pa onaantreklik is, gee ons vir hulle ʼn beer,” het hy skertsend vertel.

Ernst Vorster, Hoof van Kommunikasie by Helpende Hand, sê dié organisasie sal verseker dat die teddiebere versprei word en by minderbevoorregtes uitkom. Op dié wyse probeer Helpende Hand om deur verskeie projekte Afrikaner-armoede te verlig, voorkom en te verbreek.

Luister na die potgooi om te hoor hoe Nataniël lesers ʼn geseënde Kersfees toewens en ook een van sy gunstelingresepte wat op ʼn Kerstafel móét wees, met ons deel.

Edik van Nantes is Dinsdae om 20:30 op kykNET (kanaal 144) te sien. Nataniël is ook weer in Januarie te sien by die Atterbury-teater in Pretoria vir sy jongste verhoogproduksie, How the Moon Got her Name.  Bespreek kaartjies hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

G V Reedt ·

Kan nie eers die vleis koop met die’ gesig op nie nimmer nog eet .

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.