Ouers en onderwysers is bekommerd oor dissipline in die klaskamer, veral aangesien ʼn studie in 2013 gewys het dat soveel as 57% van kinders al deurgeloop het onder boelies by die skool.
Immergroen Ouerskap het ʼn nuwe aanlynstelsel ontwikkel wat skole kan help om dissipline met deernis toe te pas. Die stelsel gee onderwysers voorstelle vir regstelling van kinders se negatiewe gedrag en verskaf boonop idees vir beloning van positiewe gedrag in die klaskamer. Die administrasie van die stelsel kan op ʼn slimfoon of rekenaar gehanteer word.
Esté Meyer Jansen het met Hettie Brittz van Immergroen Ouerskap oor die stelsels, wat reeds die goedkeuring van instellings soos die Federasie van Beheerliggame van Suid-Afrikaanse skole (Fedsas) en die Gautengse onderwysdepartement dra gesels.
- Besoek www.kddskool.co.za vir meer inligting oor die stelsel.
Tans word geld gemors met maniere om positiewe en negatiewe gedrag van kinders te beheer in skole – jammer maar ek is seker oudtyds – as kinders van kleins af met liefde, dissipline en respek teen oor hulself en ander groot gemaak word, sal daar nie sulke goed soos Immergoen Ouerskap nodig wees nie. Ouers is te bang om verantwoordelikheid te vat vir die dissipline van hul kinders daarom is daar boelies in skole. Kinders tree op soos hul behandel word by hul ouer huise – Ouers sonder liefde dissipline en respek vir hulself en ander kweek dieselfde tipe kinders.
Ek sal graag meer hieroor wil weet. Enige iets om klasgee en klasbywoning beter te maak.