Podsending: Speel in 'n nuwe venster

Pierre van Niekerk en Arnold du Plessis van die nuwe internet TV-kanaal, DieregesondheidTV. Foto: Esté Meyer Jansen.
Is jy raadop met Felix se vlooie? Dryf Wagter se alewige gekrappery jou teen die mure uit? Dan moet jy ʼn draai gaan maak by Dieregesondheid TV, ʼn splinternuwe internet TV-kanaal wat troeteldiereienaars bemagtig in die primêre gesondheidsorg van hulle diere.
Die internet TV-kanaal is Vrydag in die Centurion-teater se Sunset Lounge-restaurant bekendgestel en Maroela Media was daar.
Esté Meyer Jansen het met Pierre van Niekerk, uitvoerende hoof van Dieregesondheid TV gesels om meer oor dié internet TV-kanaal.
Dankie Este, groot waardering dat jy en Maroela daar was, dit is n groot eer en ons bedank julle