Is jy raadop met Felix se vlooie? Dryf Wagter se alewige gekrappery jou teen die mure uit? Dan moet jy ʼn draai gaan maak by Dieregesondheid TV, ʼn splinternuwe internet TV-kanaal wat troeteldiereienaars bemagtig in die primêre gesondheidsorg van hulle diere.
Die internet TV-kanaal is Vrydag in die Centurion-teater se Sunset Lounge-restaurant bekendgestel en Maroela Media was daar.
Esté Meyer Jansen het met Pierre van Niekerk, uitvoerende hoof van Dieregesondheid TV gesels om meer oor dié internet TV-kanaal.
Dankie Este, groot waardering dat jy en Maroela daar was, dit is n groot eer en ons bedank julle