Dit is amper weer tyd vir almal om hulle tekkies af te stof en ʼn paar prettige Tekkie Tax skoenveters aan te skaf ten bate van ʼn duisend welsynorganisasies regoor Suid-Afrika. Die geldinsamelingsdag vind vanjaar op Vrydag 27 Mei plaas en meer as R6-miljoen is met verlede jaar se viering ingesamel.
Annelise de Jager van Tekkie Tax het in Maroela Media se ateljee kom kuier en Esté Meyer Jansen meer oor die sukses van die projek vertel, wat maar net drie jaar gelede begin het.
Dankie julle. Wou dit graag luister, maar hier is geen klank/podsending by die skakel aangeheg nie. Ek sal weer later loer.
Dagsê Heidi
Ons vra om verskoning vir die tegniese probleem! Ons het gister ons tegniese pakket vir medialêers opgegradeer en onwetend het ons diensverskaffer die DNS-verstellings herstel en alle verwysings na die podsendings is gebreek. Ons tegniese span het vanoggend reeds die korrekte verstellings aangebring, maar dit kan dalk tot ʼn dag lank duur voordat dit dwarsoor die internet weer reg werk. Jammer daaroor! Probeer asseblief later vandag of môre weer.
Groetnis
Landi nms Maroela Media
Baie dankie vir jou terugvoer, Landi. Ek verstaan julle dilemma en baie sterkte. Ek sal geduldig wees. Dankie vir julle puik materiaal.
Ek sou graag al die name van die welsynorganisasies wou weet wat uitsluitlik blankes help.Ek ondersteun hulle met graagte.Die anderskleuriges kry meer as genoeg ondersteuning van die anc regime.