
Anina Peens, eNuus-anker en beskermvrou van Gracia kindersorgsentrum, het in Maroela Media se ateljee kom kuier om ons ʼn bietjie meer te vertel van die sentrum en hulle droom om die kinders see toe te neem. Foto: Twitter.
Gracia is ʼn plek van veiligheid vir die kinders van die noorde van Pretoria. Die ongeveer sewentig kinders wat hierdie huis hul tuiste noem het vanjaar besluit hulle wil nie verjaardag- of Kersgeskenke wil hê nie, maar liewer ʼn draai by die see maak. Vir meeste van die kinders sal dit die eerste keer wees wat hulle die see sien.
Anina Peens, eNuus-anker en beskermvrou van dié sorgsentrum, het in Maroela Media se ateljee kom kuier om ons ʼn bietjie meer te vertel van Gracia en hulle droom om die kinders see toe te neem.
- Indien jy meer wil weet kan jy Gracia se webwerf of Facebookblad besoek of ʼn e-pos stuur aan Anina by [email protected]
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
1 Kommentaar
Gracia het baie hulp nodig, kry geen ondersteuning van die regering nie. Ons moet almal saam staan en hule help.
Riaan Nortje