Luister: Raak betrokke by Gracia kindersorgsentrum se somervakansieprojek


Anina-Peens

Anina Peens, eNuus-anker en beskermvrou van Gracia kindersorgsentrum, het in Maroela Media se ateljee kom kuier om ons ʼn bietjie meer te vertel van die sentrum en hulle droom om die kinders see toe te neem. Foto: Twitter.

Gracia is ʼn plek van veiligheid vir die kinders van die noorde van Pretoria. Die ongeveer sewentig kinders wat hierdie huis hul tuiste noem het vanjaar besluit hulle wil nie verjaardag- of Kersgeskenke wil hê nie, maar liewer  ʼn draai by die see maak. Vir meeste van die kinders sal dit die eerste keer wees wat hulle die see sien.

Anina Peens, eNuus-anker en beskermvrou van dié sorgsentrum, het in Maroela Media se ateljee kom kuier om ons ʼn bietjie meer te vertel van Gracia en hulle droom om die kinders see toe te neem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Riaan ·

Gracia het baie hulp nodig, kry geen ondersteuning van die regering nie. Ons moet almal saam staan en hule help.

Riaan Nortje

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.