Luister: Sakelui help skole hoër hoogtes bereik


Marichen-Mortimer-Partners-for-Possibility

Marichen Mortimer gesels oor Partners for Possibility. Foto: Marichenmortimer.com

Die organisasie Partners for Possibility maak van sakelui se vernuf in die sakewêreld gebruik om skoolhoofde landwyd te help om hul skole te laat groei en uit te bou tot ʼn suksesvolle skool.

Met die insette van sakeleiers word die skole ʼn plek waar ouers en die gemeenskap betrokke is en die leerlinge presteer in vaardighede soos geletterdheid en syfervaardigheid, terwyl die sakelui meer leer oor leierskap in ʼn onbekende omgewing.

Marichen Mortimer, een van die mentors van Partners for Possibility, het in Maroela Media se ateljee kom kuier en met Esté Meyer Jansen oor die sukses en visie van die organisasie se bekroonde programme gesels.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.