Luister: Silwerkroon 2015: Daar is geen einde aan dié steunpilaar nie


Willie Massyn. Foto: Verskaf

Willie Massyn. Foto: Verskaf

Willie Massyn (66) weet wat dit beteken om betrokke te raak en in Dominionville  net buite Klerksdorp is Willie ʼn steunpilaar vir sy gemeenskap.

Met ʼn lang lys van gemeenskapsprojekte is dit geen verrassing dat Willie genomineer is as een van Helpende Hand se Silwerkroon-finaliste nie. Hierdie lys van projekte sluit die stigting van ʼn gemeente in wat gegroei het van die oorspronklike 10 tot 150 lede.

Verder verskaf Willie ook kos aan talle behoeftige gesinne, help uit met berading en huisvesting aan dié in nood en het selfs ʼn voedingsprogram en klerebank begin.

Burger Meyer het met Willie gesels oor al sy projekte en hoekom dit belangrik is om betrokke te raak by jou gemeenskap.

  • Willie Massyn is een van die top-6 Silwerkroon-finaliste. Jy kan vir hom stem deur “Kroon 5” te SMS na 38969. SMS’e kos R10 en die opbrengs sal ten bate van jou gekose finalis se projekte aangewend word. ʼn Lys met inligting oor die finaliste se projekte en prestasies is beskikbaar op silwerkroon.co.za. Die Silwerkroon-wenner sal in September aangekondig word.

Die ander topraakvatters is:

  • Felicity Combrinck (66) van Kroonstad in die Vrystaat;
  • Kalvyn Olivier (82) van Sabie in Mpumalanga;
  • Dollie (81) en Gert (83) Smith van Walkerville, suid van Johannesburg;
  • Mercia Ruthenberg (72) van Brackenfell in Kaapstad;
  • Erik Bekker (74) van Polokwane in die Limpopo-provinsie.

Klik hier om na nog onderhoude met vanjaar se Silwerkroon-finaliste te luister.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.