Luister: Silwerkroon 2015: Dié bejaardes bewys ouderdom is bloot ʼn getal


Gert en Dollie Smith. Foto: Verskaf.

Gert en Dollie Smith. Foto: Verskaf.

Meer as 26 jaar terug het Dollie (81) en Gert (83) Smith begin om na ʼn paar mense om te sien wat in hul huis kom woon het. Vandag sorg hulle vir meer as 40 bejaardes in hul huis wat nou ook twee siekeboeë en ʼn paar voltydse versorgers het. Die tehuis maak ook staat op skenkings van die gemeenskap aangesien hulle geen staatshulp ontvang nie.

Burger Meyer het met Dollie gesels oor hul Silwerkroon-nominasie en hoekom sy op 81 jaar nog steeds wil uithelp.

  • Dollie en Gert is een van die top-6 Silwerkroon-finaliste – jy kan vir hulle stem deur “Kroon 1” te SMS na 38969. SMS’e kos R10 en die opbrengs sal ten bate van jou gekose finalis se projekte aangewend word. ʼn Lys met inligting oor die finaliste se projekte en prestasies is beskikbaar op silwerkroon.co.za. Die Silwerkroon-wenner sal in September aangekondig word.

Die ander topraakvatters is:

  • Mercia Ruthenberg (72) van Brackenfell in Kaapstad;
  • Felicity Combrinck (66) van Kroonstad in die Vrystaat;
  • Erik Bekker (74) van Polokwane in die Limpopo-provinsie;
  • Willie Massyn (66) van Dominionville in Noordwes;
  • Kalvyn Olivier (82) van Sabie in Mpumalanga.

Klik hier om na nog onderhoude met vanjaar se Silwerkroon-finaliste te luister.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.