Luister: Silwerkroon 2015 – Felicity een van die topses


Foto: Verskaf

Foto: Verskaf

Die nominasies vir vanjaar se Silwerkroon-toekenning het behoorlik ingestroom en ná die eerste ronde se beoordeling is die top ses finaliste aangewys. Felicity Combrinck is een van die finaliste.

Felicity is die stigterslid van “Northern Free State Caregivers”, ʼn organisasie wat terminale kankerpasiënte gratis versorg. Felicity sê alles het in plek geval om dié organisasie te kon stig. ”Die Here het my bekwaam gemaak.”

Felicity meen die gemeenskap van Kroonstad en haar vertroue in God, help haar om weer aan ander te kan gee.

Stem vir Felicity: SMS “Kroon 3” na 38969.

Dié ander topraakvatters is:

  • Erik Bekker (74) van Polokwane in die Limpopo-provinsie;
  • Willie Massyn (66) van Dominionville in Noordwes;
  • Kalvyn Olivier (82) van Sabie in Mpumalanga;
  • Dollie (81) en Gert (83) Smith van Walkerville, suid van Johannesburg; en
  • Mercia Ruthenberg (72) van Brackenfell in Kaapstad.

Daar was so baie nominasies dat ʼn tweede afdeling geskep is vir uitblinkers wat ʼn uitsonderlike diens gelewer het ten opsigte van kuns en kultuur. Die drie gekultiveerde finaliste is:

  • Helena Johanna Bresler (90);
  • Thomas Ellis (81); en
  • Chris Greyling (78).

Besoek gerus Solidariteit Helpende Hand se webblad vir meer besonderhede.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.