Luister: Silwerkroon 2015: Stigter van SMF maak ‘n verskil


Foto: Verskaf

Foto: Verskaf

Die soektog na SA se top- senior raakvatters is aan die gang as deel van Solidariteit Helpende Hand se Silwerkroon-toekenning en die top ses finaliste in hierdie projek is onlangs aangewys. Lees hier vir meer besonderhede oor dié projek.

Kalvyn Olivier is een van dié ses finaliste in vanjaar se silwerkroon-toekennings.

In 2007 het Kalvyn en sy vrou, Annette, verhuis na Sabie, sekerlik een van die mooiste plekke om jou aftrede te geniet, maar Kalvyn en Annette het ander planne gehad. Die egpaar het dadelik betrokke geraak en die Sabie Miracle Foundation (SMF) gestig.

“Ek dink dis ons manier om dankie te sê vir die Here dat Hy vir ons die gawes en gunste gee om ook aan ander mense te gee.” Kalvyn sê dis vir hom belangrik om deur sy dade sy Christenskap uit te leef.

Stem vir Kalvyn en SMS “Kroon 6” na 38969.

Die ander topraakvatters is:

  • Felicity Combrinck (66) van Kroonstad in die Vrystaat
  • Willie Massyn (66) van Dominionville in Noordwes
  • Dollie (81) en Gert (83) Smith van Walkerville, suid van Johannesburg
  • Mercia Ruthenberg (72) van Brackenfell in Kaapstad
  • Erik Bekker (74) van Polokwane in die Limpopo-provinsie

Die nominasies het so ingestroom dat ʼn tweede afdeling geskep is vir senior burgers wat ʼn uitsonderlike diens gelewer het ten opsigte van kuns en kultuur. Die drie gekultiveerde finaliste is:

  • Helena Johanna Bresler (90)
  • Thomas Ellis (81)
  • Chris Greyling (78)

Besoek gerus Solidariteit Helpende Hand se webblad vir meer besonderhede.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.