Daar is geen plaasvervanger vir bloed nie en met die Paasnaweek om die draai kan een eenheid bloed tot drie mense lewens red. Die Paasnaweek in Suid-Afrika is berug vir die jaarlikse hoë padongeluksyfer en ’n mens dink maklik dis slagoffers van motorongelukke wat die bloed in dié tyd sal benodig. Daar is egter ʼn groot hoeveelheid kankerpasiënte wat ook op ʼn gereelde basis bloed en plaatjies benodig.
Ivor Hobbs, streeksbemarkingsbestuurder vir die Suid-Afrikaanse nasionale bloeddiens, en Zania Claassen, ʼn mamma van ʼn jong leukemie-lyer, het met Esté Meyer Jansen gepraat oor die noodsaaklikheid van bloedskenk.
Die bloeddiens het nie bloed nodig nie.
Nadat ek 154 eenhede bloed geskenk het is ek weggewys slegs omrede ek ‘n pasaangeer het. Ek het vir 11 jaar in Bloemfontein bloed geskenk nadat die pasaangeer ingesit is met geen probleem slegs ‘n bevestiging van my kardiloog dat ek kan bloedskenk. Ons trek toe Reebok Mosselbaai toe en met my eerste besoek aan die bloedskenk sentrum op Groot Brakrivier word ek summier weggewys omrede ek ‘n pasaangeer het. Ek verduidelik toe aan die dame my posisie, dat ek 100% gesond is, doen jaarliks ‘n klomp fietswedrenne onder andere die Cape Argus en dat ek bereid is om ‘n doktersbrief in te handig van my toestand. Na alles mag ek steeds nie bloedskenk nie. Ek is seker dat ek gesonder is as baie mense wat wel bloed skenk.
Dus volgens my le die fout by die Bloeddiens as daar te min bloed is.