Luister: ToekomsVenster-inisiatief rus Christene toe met ʼn vyfjaar-strategie


ToekomsVenster-voorblad

Die ToekomsVenster-inisiatief bestaan ondermeer uit ‘n boek met dagstukkies wat Christene met ‘n vyfjaar-plan toerus. Foto: Verskaf

Besighede en verskeie ander sektore stel gereeld vir hulleself ʼn vyf of tien jaar besigheidsplan saam om te help bepaal waarheen die instansie op pad is en waarvoor daar beplan en begroot moet word.

Ds. Jannie Pelser, van die Nuwe Hart-stigting, TV-aanbieder en leraar by die NG-gemeente Rant en Dal in Krugersdorp, glo Christenskap moet met dieselfde omsigtigheid in Suid-Afrika aangepak word oor die volgende vyf jaar. Hy het ʼn aantal skrywers bymekaar gemaak om temas vas te stel en dagstukkies te skryf om vir Christene en gemeentes te help om ʼn gestalte te gee aan dié vyfjaar-plan.

Ds. Jannie het Esté Meyer Jansen meer van die inisiatief vertel.

  • Wonder jy waar en hoe ‘n mens die stiltetyd-dagboek vir 2015 kan bekom? Jy bestel dit deur vir Drienie te skakel by 011 665 2017 of deur ʼn epos te stuur aan [email protected]. Loer ook gerus in by die webadres: www.toekomsvenster.co.za

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.