Luister: Tooi Turkoois vir bejaardes


Die projek Tooi Turkoois vir bejaardes skop op 15 Mei af. Foto: goturquoise.co.za

Die projek Tooi Turkoois vir bejaardes skop op 15 Mei af. Foto: goturquoise.co.za

Die projek Tooi Turkoois vir bejaardes skop op 15 Mei af en is daarop gemik om mense bewus te maak van bejaardes in hulle omgewing.

Die bewusmakingsveldtog bestaan uit ʼn paar projekte wat ʼn laseromlyning (“laser mapping”) om die Voortrekkermonument insluit. Pretorianers sal dié omlyning om 23:00 op 15 Mei kan sien en vir die res van die veldtog sal die monument in turkoois belig word.

Die Menlyn Park winkelsentrum is een van die sentrums wat as deel van die projek hul terrein met turkoois gaan versier en hulle bied ook ʼn bakkompetisie aan. As een van die pryse gaan dié winkelsentrum ʼn biblioteek by ʼn instansie vir bejaardes opknap.

Maroela Media het met Magda van Deventer,  ʼn projekkoördineerder van dié veldtog gesels.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.